Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geplunderde hotel in PE wéér opgeknap

Nuwe planne is gereed om die historiese King Edward Hotel in Port Elizabeth te restoureer nadat diewe en vandale dit onlangs gestroop het.

Netwerk24 het berig dat dié hotel, wat skaars drie jaar gelede teen ’n koste van miljoene rand gerestoureer is, die tuiste van straatslapers geword het en hoe dit daagliks van sy inhoud gestroop word.

Antieke ware, skilderye, duur meubels, krane, geisers,

beddegoed, telefone en televisiestelle is uit die hotel gesteel nadat die veiligheidswagte by die hotel hulle uit vrees vir hul veiligheid aan die perseel onttrek het.

Die hotel is meer as 100 jaar oud en is in Desember verlede jaar gesluit nadat sjeik Khalaf Ahmed Khalaf Al-Otaiba van die Verenigde Arabiese Emirate dit in 2012 gekoop het.

Die hotel was voorheen vier jaar lank gesluit terwyl die restourasiewerk aan die gang was.

Ná die mees onlangse vlaag inbrake is hoë omheinings en doringdraad by die hotel opgerig om dit te beveilig en straatslapers uit te hou.

Bedrading is reg rondom die King Edward Hotel opgerig om straatslapers en vandale uit te hou. Foto: Lulama Zenzile

Kuban Chetty, die sjeik se prokureur in Suid-Afrika, sê as deel van die eienaars se planne om die hotel weer te restoureer, is ’n maatskappy aangestel om sake in die interim by die hotel te hanteer.

Volgens Chetty is ’n sekerheidsmaatskappy weer aangestel en gewapende sekerheidsbeamptes sal die perseel 24 uur per dag beveilig.

Hy sê die omheinings en doringdraad is opgerig as veiligheidsmaatreël en om die plundery te stop.

“Skade van honderde duisende rand is aangerig. Wat by die hotel gebeur het, is betreurenswaardig, maar dit word nou weer restoureer.

“Die bedrading is onooglik, maar dit is noodsaaklik om die plunderaars uit te hou, want hulle het van alle kante af by die hotel ingebreek. Dit is net tydelik.”

Volgens Chetty is die installering van alarmstelsels deel van die proses wat tans aan die gang is.

Die sjeik se seun het intussen sy sakebelange in Suid-Afrika oorgeneem.

Die voorstelle waarmee ’n bestuursagentskap vorendag gekom het oor hoe om nuwe lewe in die hotel te blaas, word tans deur die eienaars oorweeg, luidens Chetty.

Meer oor:  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.