Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gerugte dat Joost dood is, is ‘siek’ – Amor
Amor Vittone Foto: Argief/Gallo

Amor Vittone, Joost van de Westhuizen se vervreemde vrou, sê gerugte wat die ronde doen dat die voormalige Springbok-skrumskakel dood is, is “siek”.

“Ek is vanoggend uit verskeie oorde gebel. Party mense het gesê hulle hoor Joost is dood. Watse siek mense dink dit is reg om so ’n gerug te versprei,” het Vitonne Vrydagoggend gesê.

Vittone, sanger, aktrise en TV-aanbieder, wat vandeesweek haar enkel gebreek het in ’n fratsongeluk by Bounce, ’n trampolienpark in Fourways, Johannesburg, sê sy het Vrydagoggend nog met Joost, wat deel was van die 1995 Wêreldbeker-oorwinningspan, oor die foon gepraat.

“Ek het vanoggend met hom gepraat en alles is wel. Hy is al ’n rukkie op suurstof want daar was in Desember agteruitgang in sy gesondheid,” sê sy.

Hy is al ’n rukkie op suurstof want daar was in Desember agteruitgang in sy gesondheid

Volgens Vitonne moet Van der Westhuizen baie meer lê en kan hy nie vir lank regop sit nie.

Sy sê die nuus van Joost se agteruitgang is veral moeilik vir hul kinders, Jordan (12) en Kylie (10).

“Hy veg steeds voort. Dit gaan so goed soos wat dit kan gaan op die oomblik.”

Joost van der Westhuizen Foto: Argief

Meer oor:  Joost Van Der Wersthuizen  |  Siek  |  Dood  |  Joost
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.