Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gesigskerms met 3D-drukker gemaak
Die gesigskerms wat aan die gesondheidsorgwerkers geskenk is. Foto: Verskaf
Dr. Rudolph Venter, ortopediese chirurg en dosent in kliniese anatomie op die Tygerberg kampus aan die Universiteit Stellenbosch.
Die gesigskerm. Foto: Verskaf

De Beers Marine Suid-Afrika het tot die Covid-19-stryd toegetree en maak nou gesigskerms vir gesondheidswerkers van die Tygerberg-hospitaal in Bellville.

Domingos Valbom, die maatskappy se hoofbestuurder, sê die Tygerberg-hospitaal behandel die meeste Covid-19-pasiënte in die provinsie, maar het ’n tekort aan gesigmaskers en hulle het met die idee vorendag gekom toe hulle hoor daar is ’n tekort aan beskermende toerusting.

“Die projek word deur die meganiese ingenieur Gustav van der Merwe en die maatskappy se span vir navorsing en ontwikkeling gedryf wat ’n geleentheid gesien het om die gesondheidsorgwerkers in die provinsie by te staan.

“Aangesien ons die 3D-drukker weens die inperking nie kan gebruik nie, het ons dit as ’n geleentheid gesien om ’n verskil te maak en navrae gedoen oor hoe ons kan help,” sê Valbom.

Volgens Valbom is 120 gesigskerms reeds aan die gesondheidswerkers by die Tygerberg-hospitaal afgelewer, en is hulle besig om nog te maak.

“As almal hul deel doen, kan ons deur hierdie moeilike en onseker tye kom,” sê Valbom.

Meer oor:  Koronavirus  |  Gesigmaskers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.