Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Gesin in tref-en-trap-ongeluk gegroet

Verslae geliefdes het Saterdag in die Vrye Baptistekerk in Welkom van Theuns (39), Elmarie (38), Tristan (8) en Amory (4) Lubbe afskeid geneem.

Elmarie Lubbe se ma, Hannelie, en haar stiefpa, Henry Boucher, groet die gesin by die lykswaens buite die kerk.Foto: Alet van der Walt

Buite die kerk het die vier lykswaens getuig van die tragedie wat twee weke gelede buite Odendaalsrus afgespeel het toe die Lubbes en nog ’n kind, Juliana Gomez (6), in twee ongelukke dood is.

Ds. Hannes Delport het Psalm 34 vers 18 tot 20 voorgelees en gesê die Here is naby die gebrokenes en Hy help die moedeloses.

Hy het in sy troosboodskap gesê elkeen moet altyd gereed wees om die Here te ontmoet en dat hy glo Jesus het die gesin ingewag.

Delport het gesê baie mense se lewe is deur die gesin se dood geraak, maar mense moenie verbitterd wees nie.

“Ons moet toelaat dat God ons rig, God het medelye met ons pyn,” het hy gesê.

’n Skyfievertoning met talle foto’s van die gesin was deel van die diens.

“Die Here is my herder” en “Amazing Grace” is gesing.

Michaela Jacobs, Elmarie se dogter, neem afskeid van haar ma, stiefpa en broer en suster.Foto: Alet van der Walt

Kollegas van Theuns, wat by die Elandskag by Saaiplaas gewerk het, het geklee in wit hemde ’n erewag vir die kerkgangers gevorm.

Die vier kiste is nie die kerk ingebring nie en daar is by die lykswaens van die gesin afskeid geneem.

’n Private verassingsdiens sal later plaasvind.

Die gesin was die aand van 30 Maart op pad terug na hul huis in Allanridge nadat hulle ’n werkgeselligheid van Theuns in Welkom bygewoon het.

Die gesin se motor het buite Odendaalsrus omgeslaan en Elmarie is in die ongeluk dood.

Oomblikke later is Theuns en sy twee kinders saam met Juliana op die ongelukstoneel doodgery.

Theuns Lubbe se kollegas het buite die kerk ’n erewag gevorm. Foto: Alet van der Walt

Juliana se geliefdes het haar Saterdag in ’n aparte roudiens gegroet.

Neels Lubbe, Theuns se neef, sê hy vergroot die beloning om die bestuurder wat die vier doodgery het op te spoor. Neels het verlede week R20 000 uitgeloof, maar sê hy sal nou ’n groter bedrag gee vir enigeen wat kan help om die bestuurder van die wit Ford Ranger-bakkie op te spoor.

Die bestuurder het te voet van die toneel af gevlug.

Die polisie in Welkom is op soek na die eienaar van die bakkie wat van Bloemfontein af is.

Die Lubbes se geliefdes het by die vier lykswaens van hulle afskeid geneem. Foto: Alet van der Walt

* Enigeen wat kan help om die bestuurder van die bakkie op te spoor kan Neels by 078 825 9881 bel.

Meer oor:  Theuns Lubbe  |  Begrafnis  |  Tref-En-Trap-Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.