Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gesin kry nuwe huis ná brand
Die Letsoara-gesin se nuwe huis is teen Woensdagmiddag reeds klaar gebou nadat ’n egpaar van Bloemfontein boumateriaal aan hulle geskenk het. Foto: Verskaf
Griet Letsoara staan Woensdag en kyk hoe haar huis gebou word nadat barmhartige Samaritane van Bloemfontein boumateriaal geskenk het. Foto: André Damons

’n Gesin van Batho, Bloemfontein, kan Donderdag reeds in hul nuwe huis intrek nadat ’n egpaar duisende rande se boumateriaal geskenk het en vrywilligers en bure vroeg Woensdag daaraan begin bou het.

Griet Letsoara en haar man, Johannes, wie se plakkershut sowat drie weke gelede afgebrand het, het vyf kinders. Vier mans van die gemeenskap en bure het ingespring om die huis te help bou. Die bouwerk was Woensdagmiddag afgehandel.

Nici Smit, onderwyseres van die Laerskool Batho, wat gehelp het om skenkings in te samel vir die Letsoara-gesin, het Woensdagoggend ook gehelp. Foto: André Damons

Gerhard en Lisa Greeff, ’n egpaar van Bloemfontein wat in Volksblad van die gesin se nood gelees het, het R11 000 se boumateriaal aangekoop en by die perseel laat aflewer.

Nici Smit, naaldwerkonderwyseres van twee van die Letsoara-kinders, het dit haar missie gemaak om die gesin te help. Volgens haar het Lisa gesê as daar nog iets benodig word vir die bou van die huis, sal sy dit ook koop.

Letsoara is oneindig dankbaar. “Vir alles. Ek kan nie wag om in te trek nie. Dit is nie lekker om by ander mense te bly nie. Ek raak nou baie opgewonde,” het sy Woensdag gesê.

Griet Letsoara van Batho, Bloemfontein, het Woensdagoggend self ingespring om te help bou aan haar en haar gesin se huis. Foto: André Damons
Vrywilligers bou Woensdag aan die Lesoara-gesin se huis nadat hul vorige huis in ’n brand vernietig is.Foto: Verskaf

Sy bedank almal wat hulle gehelp het.

“Ek het nou baie meer as wat ek verloor het,” sê sy.

Sy het Woensdag self ’n wakende oog gehou oor die bouproses en het in ’n stadium self ingespring om te bou aan haar huis.

Die boumateriaal word vroeg Woensdagoggend by die perseel afgelaai waar Griet Letsoara en haar gesin se nuwe huis gebou gaan word. Dit is ook waar hul ou huis was. Foto: Verskaf

Van Letsoara se buurvroue het ook gehelp.

’n Opgewonde Smit sê sy het nie verwag om soveel reaksie te kry en dat die huis so vinnig gebou sou word nie.

Mense kontak haar steeds om te vra wat die gesin nog nodig het.

“Ek wag nou eers totdat die huis klaar gebou is sodat ons kan sien wat hulle nodig het. Alpha Gas het ook ’n gasstoof en gasbottel geskenk. Ek is opgewonde vir die gesin dat hulle weer ’n huis het,” sê sy.

Die gesin se huis het op 15 Mei omstreeks 23:00 afgebrand nadat ’n brandstigter die struktuur met paraffien aan die brand gesteek het.

Smit het die volgende week van die brand gehoor toe sy Moleboheng Letsoara (13), ’n gr. 7-leerling, daaroor uitgevra het.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Skenking  |  Huisbrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.