Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gesin sal boodskap aan vermiste seun stuur

Die ma van die vermiste Emiel Smit, ’n matriekleerling aan die Hoër Landbouskool Boland in die Agter-Paarl, sê hul gesin werk aan ’n boodskap vir hom.

Sy ma, Nettie Smit van Moorreesburg, het by navraag aan Netwerk24 gesê dié boodskap sal later beskikbaar gestel word.

Emiel Smit Foto: Verskaf

Sy het Woensdag in ’n stemboodskap wat wyd op sosiale media versprei is, gevra dat Emiel huis toe kom. Smit het onder meer gesê die lewe plaas soms ongelooflike druk op ’n mens “en jy sukkel om balle in die lug te hou”.

Volgens haar moet mense besef sommige is rubberballe en ander glasballe. “Die geheim is om nooit die glasballe te laat nie val nie.

“Emiel, my kind, as jy luister, ek hoop so . . . Jy is een van my glasballe en ek sal jou nooit laat val nie. Jy is ongelooflik spesiaal. Kom asseblief huis toe.”

Sy het ook gevra dat enigiemand met inligting kapt. Louise du Plessis van die Paarl-polisiekantoor bel, en het gesê ’n boodskap sal aan Media24 beskikbaar gestel word.

Emiel het verlede Woensdag spoorloos van die skoolterrein af verdwyn. Die soektog op die skoolterrein is verlede Vrydag gestaak nadat die polisie laat blyk het dat Emiel moontlik die terrein uit vrye wil verlaat het.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die polisie se ondersoek en soektog duur gaan voort en daar is nog geen nuwe verwikkelinge nie.

Meer oor:  Emiel Smit  |  Gesin  |  Boodskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.