Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gesinne in Sonop kry kospakkies

Kospakkies wat ’n gesin ’n maand lank sal hou, is Vrydag aan 300 gesinne in Sonop, Noordwes, uitgedeel.

Lede van die Covid-19-taakspan, wat gestig is deur AfriForum en die netwerkorganisasie Saai, het dié houers met kos en basiese benodigdhede gevul wat ’n behoeftige gesin van genoeg kos en bestanddele vir ’n maand sal voorsien.

Die taakspan het 300 houers met kos en ander basiese benodigdhede volgemaak wat koffie, suiker, sout en melkpoeier insluit. Foto: Verskaf

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê dat mense oor die land heen swaarkry weens die streng inperkingsregulasies wat die regering ingestel het om die verspreiding van die koronavirus te bekamp.

Volgens Cameron neem die voedselnood daagliks onder mense toe en sal die kospakkies verligting bring aan behoeftiges en diegene wat weens die inperking hul werk verloor het en sonder ’n inkomste moet oorleef.

“Dit gaan nie net daaroor om mense in nood by te staan met kos nie, maar om vir hulle ’n sprankie hoop te gee,” sê Cameron.

“Ons sal voortgaan met projekte soos dié om behoeftige gemeenskappe in hierdie onsekere tye by te staan.”

Meer oor:  Afriforum  |  Saai  |  Ian Cameron  |  Noordwes  |  Inperking  |  Kospakkies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.