Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geskenke aan skole maak saak op voetsoolvlak

In al die jare wat Elsie Mosehana winterklere vir behoeftige kinders insamel en skenk, was Maandagoggend vir haar die ergste.

Op dié koue was daar kinders wat nie net kaalvoet nie, maar met baie dun klere aan skool toe moes gaan.

“Dit was so koud en daar was laerskoolkinders wat kaalvoet geloop het. Dit was erg. Ek het nog nooit so iets gesien nie,” sê sy.

Dit was so koud en daar was laerskoolkinders wat kaalvoet geloop het. Dit was erg. Ek het nog nooit so iets gesien nie
Elsie Mosehana, TUT

Mosehana hanteer administrasie by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se afdeling studenteleierskap en ontwikkeling wat deurlopend skoene in die gemeenskap insamel en dit dan aan kinders skenk wat dit die nodigste het. Hulle het Maandag 86 pare skoene by skole in Wintervelt, noord van Pretoria en Klipgat, in Noordwes, gaan uitdeel.

“Ons hoor by die gemeenskappe in en om Soshanguve waar die grootste nood is. Ons kry dan dié kinders se name en skoengrootte by hul skole,” sê Mosehana.

“Die kinders word dan kantoor toe geroep sodra hul pakkies reg is. Ons verkies dit om self die skoene te gee, in plaas daarvan om dit net by die kantoor te los en die skool te vertrou om dit te doen. Anders weet jy nooit of die kinders wel hul skoene gekry het of nie.”

“My hart het gebreek – ek dink ek gaan dit vanjaar ’n bietjie verder as net skoene neem. Die kinders het met dun kortbroeke ook rondgehardloop. Ons gaan nou ook klere probeer kry. Al is dit net ’n broek of twee vir elke kind,” sê sy.

Kinders by die Madidi Primary School in Klipgat het Maandag skoene gekry.

Meer oor:  Tut  |  Soshanguve  |  Skenkings  |  Skole  |  Klere  |  Winter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.