Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geskenkte klere op ashoop ‘onbruikbaar’
Lochvaal Emfuleni Welsyn en Gesinsorg het erken hy het dié hoop klere by ’n onwettige stortingsterrein in Vanderbijlpark afgelaai. Foto: Jolene Rodgers via Facebook

Lochvaal Emfuleni Welsyn en Gesinsorg “vra groot om verskoning” omdat hy ’n hoop klere op ’n onwettige stortingsterrein langs Olga Kirsch- straat in Vanderbijlpark afgelaai het.

“Ons bestaan al 17 jaar lank en maak een keer in elke vyf jaar ons klerestoor leeg,” lui sy verklaring.

“Van die klere is glad nie meer bruikbaar vir ons nie. Ons weet die minder bevoorregte mense en hulpbehoewendes by die ashoop is dankbaar vir enige klerasie wat daar afgelaai word.

Dié kommentaar volg op die berig, “Welsyn gooi hoop bruikbare klere weg,” wat op 9 Mei in Metro-Beeld-Suid gepubliseer is.

Hierin is Jolene Rodgers se inskrywing op die Facebook-groep Vaalweekblad aangehaal.

“Lochvaal Emfuleni Welsyn en Gesinsorg het klere op ’n onwettige stortingsterrein kom aflaai. Die bestuurder sê dit is ou klere en net in 5 XL-grootte, maar hier is kinderklere en skoolskoene tussenin.”

’n Foto van die brande wat glo ’n daaglikse verskynsel is op die stortingsterrein.

Rodgers, van die Rusticana-buurtwag in Vanderbijlpark, sê hulle “het die klere gaan haal en gewas en vir mense gegee wat dit nodig het”.

Sannete Marais, ’n inwoner van Vanderbijlpark, skryf in ’n brief sy het “met afgryse en trane in (haar) oë oor die voorval gelees”.

“Maar ek is nie regtig geskok nie. Daar was al baie stories oor die welsyn.”

Marais het glo verneem van ’n magdom linne waarvan die welsyn jare gelede ontslae geraak het.

Dít terwyl sy as individu sukkel om klere vir behoeftige kinders in te samel, skryf Marais.

“Ek het ’n lys mense wat regtig klere nodig het. As individu kry jy niks reg nie, want (die skenkings) gaan na die liefdadigheidsorganisasies. En dan is dit waar (die klere) opeindig. Skokkend!”

Hoewel die welsyn sê hy het die klere juis afgelaai vir die families wat by die stortingsterrein woon, meld hy ook dat die klere weer opgelaai is en na die welsyn teruggeneem is.

Ons weet die minder bevoorregte mense en hulpbehoewendes by die ashoop is dankbaar vir enige klerasie wat daar afgelaai word.

“Die klere is toe weer aan ander behoeftiges in die gemeenskap uitgedeel en Rodgers se helpers het ’n hele kombi-vrag kom oplaai.”

Die welsyn sê sy werk is deursigtig en verantwoordbaar en alle donasies reflekteer in sy boeke en is beskikbaar vir besigtiging.

  • Intussen het die Gautengse departement van omgewingsake en landelike ontwikkeling bevestig hy het die Emfuleni-munisipaliteit deur die Groen Skeripoene met ’n hofgeding gedreig as hy nie die onwettige stortingsterrein langs die ou Potchefstroompad in Vanderbijlpark verwyder nie.
Die onwettige stortingsterrein langs Olga Kirchstraat in Vanderbijlpark. Foto: VF Plus

“Inwoners van die Stephanopark-hoewes vra al jare die stadsraad moet intree sodat die onwettige stortings stop,” lui ’n VF Plus-verklaring hieroor. Die party het foto’s aangeheg van die vullis wat aan die brand gesteek is, die beeskarkasse wat daar afgelaai is en die riool wat opdam.

Vyf klagte is glo reeds by die Groen Skerpioene ingedien.

“Dit is jammer dat die Groen Skerpioene so ver moes gaan om die munisipaliteit met ’n hofgeding te dreig,” lui die verklaring.

“As die raad in ’n hofgeding betrokke raak, moet die belastingbetalers weer daarvoor opdok. Pleks van geld mors op litigasie, moet die munisipaliteit die mense vervolg wat onwettig daar stort en sorg dat die terrein skoongemaak word.”

Jacob Khawe, Emfuleni se burgemeester, sê hy neem kennis van die beweging wat deur ’n raadslid, ene Gerda Senekal, gelei word. Hy vra ook raadslede en inwoners om by die “Clean my City”-veldtog betrokke te raak.

“Hulle moet deel van die oplossing raak,” sê Khawe.

Meer oor:  Klere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.