Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geslote begrafnisdiens vir geliefde kerkman

’n Geliefde lidmaat van die kerk, liefdevolle pa en ’n man van God wat sy roeping elke dag uitgeleef het.

So beskryf past. Mohau Rammile, senior pastoor by die Global Reconciliaton Church in Bloemfontein, ouderling John Hlangeni, wat Maandag in die Pelonomi-hospitaal weens die Covid-19-virussiekte dood is.

Die 85-jarige Hlangeni, vroeër ’n pastoor by die Rocklands Baptiste-kerk, is die eerste Vrystater wat weens die virus gesterf het.

John HlangeniFoto: Facebook

Sy 81-jarige vrou, wat ook weens asemhalingsprobleme in die hospitaal opgeneem is, se toestand is stabiel. Sy word in isolasie behandel. Die familie wou nie haar naam bekend maak nie.

Hlangeni, wat tot met sy dood in die Fase 3-woonbuurt gewoon het, se familie sê hulle gaan veral sy teenwoordigheid, sy liefde, sy lewenslesse en grappe mis.

Rammile, wat die afgelope 21 dae in isolasie is nadat hy positief vir die virus getoets is, sê Hlangeni was enig in sy soort.

“Hy was ’n ouderling, pastoor en huweliksberader en geliefd en bemind onder die gemeentelede.

“Hy was ’n vaderfiguur en het ’n blywende indruk op almal gemaak met wie hy in aanraking gekom het.”

Rammile sê Hlangeni het sowat agt jaar in dié kerk gedien nadat hy hom uit aftrede genader het om hom by die gemeente by te staan.

“Hy het sonder om te skroom die aanbod aanvaar en in al die jare was niks te moeilik vir hom nie. Hy het uit sy pad gegaan vir sy roeping. Hy was waarlik ’n man van God wat sy herderskap met almal gedeel het.”

Rammile sê hy gaan Hlangeni ook mis vir die lekkergoed wat hy almal aangebied het wat langs hom gesit het, asook vir sy grappe.

Hy sê ’n geslote begrafnisdiens word Vrydag vir Hlangeni gehou en doen ’n beroep op die kerkgemeenskap om dit nie by te woon nie.

Rammile sê ná die inperking sal verskeie gedenkdienste gehou word waar mense kan rou en Hlangeni se lewe kan vier.

Hlangeni word ook deur drie dogters en twee seuns oorleef.

Meer oor:  Koronavirus  |  Begrafnis  |  Covid-19  |  John Hlangeni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.