Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gestremde seun kry kosbare elektrisiteit

Kersfees het vroeg vir die Bacon-gesin van Galeshewe, Kimberley, aangebreek toe hul sinkhuis ’n tydelike elektrisiteitsverbinding gekry het vir ’n suurstofmasjien vir Remofilwe (5).

Die seun is serebraal gestrem en benodig heeltydse versorging met behulp van masjiene.

Remofilwe Bacon lê op Maureen Bacon, sy ouma, se skoot. Langs haar sit Patrick Mabilo, burgemeester van Kimberley. Foto: Charné Kemp

Patrick Mabilo, uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê die tydelike koppeling is die raad se geskenk aan die seun en sy gesin.

“Die seun, wie se naam Godgegewe beteken, moet 24 uur van die dag met masjiene aan die lewe gehou word.

“Die gesin benodig daarom heeltydse elektrisiteit vir die suurstofmasjien, lugbevogtiger, verkoeler, verstuiwingstoestel en ’n versapper om sy kos vloeibaar te maak.

Ek moes al menigmaal met hom op ’n taxi klim en die bestuurder beveel om direk na die hospitaal te jaag sodat hy suurstof kan kry.

“Die gesin het voorheen hul bure se elektrisiteit gebruik, maar dit was onprakties. Ek het dadelik tot ’n tydelike koppeling ingestem toe ek van die gesin se penarie gehoor het. Die kind is weens sy toestand baie kwesbaar.

“Daar is reeds 751 huise in die gebied wat aan die elektrisiteitsnetwerk gekoppel is. Die projek om nog 900 huise in die woongebied waar die Bacon-gesin woon, te elektrifiseer, begin in Januarie.

“Ons het ook ’n voorafbetaalde meter vir die gesin in werking gestel sodat hulle elektrisiteit kan koop.”

Volgens Maureen Bacon, Remofilwe se ouma, stel die elektrisiteit wat hulle nou het, hulle gerus.

“Hy het voorheen by my gebly, maar daar was te veel inbrake. Nou kom ek daagliks na my dogter, sy ma, se huis om hom te versorg, maar hier was nie elektrisiteit nie.

“Ons het verskriklik gesukkel. Ek moes al menigmaal met hom op ’n taxi klim en die bestuurder beveel om direk na die hospitaal te jaag sodat hy suurstof kan kry.”

Sello Matsie, munisipale woordvoerder, sê die seun se ma werk heeltyds en sou graag self vir Mabilo wou bedank.

Meer oor:  Galeshewe  |  Kimberley  |  Gestremd  |  Seuntjie  |  Elektrisiteit  |  Kersfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.