Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gevange paramedikus se vrou praat

Die moeilikste is dat ’n mens nie regtig weet of hy gesond is en versorg word nie.

Shereen en Gerco van Deventer. Foto: Facebook

So sê Shereen van Deventer van Swellendam in die Suid-Kaap oor haar man, die paramedikus Gerco (Gert) van Deventer (44), wie se stem sy nog nie weer gehoor het sedert hy in 2017 in Libië gevange geneem is nie.

Gerco, die pa van drie kinders, het van Mei 2009 tot Junie 2017 in Kaboel in Afganistan gewerk. Sy kontrak is nie hernu nie en hy het na Suid-Afrika teruggekeer.

Hy het toe ’n maand lange kontrak in Libië gekry, waarna hy in November 2017 gevange geneem is.

Shereen en Gerco is in Oktober 2015 getroud. Hulle het hul tweede huweliksherdenking saam gevier voordat Gerco Libië toe is.

Van Deventer het sedertdien nog geen kontak met haar man gehad nie. Dit is ’n baie moeilike situasie waarop hulle hulself nie kon voorberei nie,” sê sy. “Geloof en gebed is hoe ons dit hanteer. Alles is moeilik terwyl ’n mens so iets deurmaak.”

Haar skoonfamilie woon in Pretoria. Sy sê dit is baie moeilik om so ver van hulle te wees. “Maar ons probeer die beste van ons situasie maak en mekaar ondersteun.”

Sy sê Swellendam se mense staan haar by. Haar ouers woon ook daar. “Die mense is net so wonderlik vir ons. Die ondersteuning en gebed van hierdie wonderlike gemeenskap beteken vir my baie.”

In ’n video van Gerco wat op 31 Januarie 2019 gemaak is, pleit hy om huis toe te kom. Dit blyk ook dat hy talle gesondheidsprobleme ondervind. Hy word blykbaar deur ’n Islamitiese splintergroep aangehou.

Die proses om haar man se vrylating te bewerkstellig, gaan voort, sê Van Deventer. “Die groep soek baie geld wat niemand het nie, maar dr. Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers en ’n taakspan van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking werk saam om my man terug te kry.”

Sy het mense bedank vir elke gebed, positiewe gedagte “en al die ondersteuning, emosioneel en andersins”.

“Dit word opreg waardeer.”

Van Deventer wou nie oor haar kinders kommentaar lewer nie om hulle te beskerm.

Meer oor:  Swellendam  |  Suid-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.