Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gewapende magte sak toe op Kaapstad
weermagdagparade
Die eerste militêre konvooie het in Kaapstad begin aankom vir die Suid-Afrikaanse Weermag se Weermagdagparade wat van 16-19 Februarie by die Mandelapark-sportstadion in Khayelitsha, Kaapstad, gehou gaan word. Foto: Jaco Marais

Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het op Kaapstad begin toesak vir die jaarlikse Dag van die Gewapende Magte op 21 Februarie.

Dit is ter herdenking van die meer as 600 soldate wat dood is toe die SS Mendi op 21 Februarie 1917 in die Engelse kanaal gesink het.

Uitstallings met militêre voertuie, oefensessies, parades en demonstrasies deur die leër, lugmag en vloot sal van Saterdag tot aanstaande Donderdag op verskeie plekke in die Kaapse Skiereiland aangebied word.

Die militêre parades is vanjaar by Sunset Beach in Bloubergstrand.

Die militêre parades is vanjaar by Sunset Beach in Bloubergstrand.
Die eerste militêre konvooie het in Kaapstad begin aankom vir die Suid-Afrikaanse Weermag se Weermagdagparade wat van 16-19 Februarie by die Mandelapark-sportstadion in Khayelitsha, Kaapstad, gehou gaan word. Foto: Jaco Marais

Die SANW sê in ’n verklaring dat verbyvlugte van vliegtuie en helikopters van die Suid-Afrikaanse Lugmag en wapendemonstrasies ook deel van die program is.

’n Militêre en loopbaanuitstalling word van 16 tot 19 Februarie by die Mandelapark-stadion in Khayelitsha, ’n galamusiekaand op 18 Februarie in die Kaapse stadsaal en ’n nagskiet-demonstrasie op 19 Februarie by Sunrise Beach in Muizenberg aangebied. ’n Kleedrepetisie sal ’n dag vooraf op 18 Februarie op dieselfde strand gedoen word.

Al die militêre gebeure is verniet en oop vir die publiek, buiten vir die galakonsert.

’n Kransleggingseremonie sal op die laaste dag op die kampus van die Universiteit van Kaapstad gehou word.

Die SANW sê gemeet aan die sukses van die Dag van die Gewapende Magte in ses ander provinsies sedert 2013 sal Kapenaars nou ook ’n voorsmakie kry van die mag van die weermag en die dapperheid van die land se seuns en dogters.

Die eerste Dag van die Gewapende Magte is in 2013 in Atteridgeville, Pretoria, aangebied.

Meer oor:  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.