Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gewas suksesvol uit baba se brein verwyder

Hul gebede is beantwoord.

Só sê ’n dankbare Daniel Fyver ná die suksesvolle operasie om ’n gewas so groot soos ’n gholfbal uit Elsuné, sy 14 maande oue dogter, se brein te verwyder.

Klein Elsuné moes Dinsdagmiddag ’n dringende breinoperasie in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein ondergaan nadat ’n lewensgevaarlike breingewas sowat twee weke gelede aan die agterkant van die kleinbrein ontdek is.

Die eens besige Elsuné het skielik net slap geword en kon nie meer kruip, loop of eet nie.

Die operasie is Dinsdag net voor middernag voltooi en die dokters is tevrede met hoe dit verloop het.

Elsuné Fyver ná die operasie. Foto: Verskaf

Volgens Fyver is die hele gewas verwyder en die “breinstam is oop en vry van gevaar”.

“Ons gebede is weer verhoor, gebed werk. Sy is buite gevaar.

“Van my en Minette se kant bedank ons ’n ieder en ’n elk wat vir Elsuné in gebed opgedra het. Dankie aan ons groot Vader wat waarlik vir ons voorsien het.”

Fyver sê voor die operasie was dit sleg om sy kind te groet.

“Dit was die slegste ooit om haar te groet. Hoe wens ek dat ek met haar kon plekke ruil. My hart is in stukke.”

Fyver sê hoewel hy en Minette emosioneel uitgeput is, fokus hulle nou op die herstelproses.

“Maar ons bly biddend dat alles mooi sal verloop, dat sy geen newe-effekte sal oorhou nie.

“Die eerste deel is verby, die res is nou in die Vader se hande. Al wat tel, is dat ons kindjie leef.”

Meer oor:  Daniel Fyver  |  Brein  |  Breinoperasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.