Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geweld teen vroue en kinders ‘skandelik’, sê Plato

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het hom Woensdag sterk uitgespreek teen geweld teen vroue en kinders.

“Dit is skandelik dat die geweld teen vroue en kinders in ons land voortduur. Te dikwels sien en hoor ons dat mans wat veronderstel is om hul gesin en geliefdes te beskerm diegene is wat die misdade pleeg.”

Dan Plato, die uitvoerende burgemeester van Kaapstad. Foto: Kaapstad-metro Twitter

Plato was Woensdag op die bekendstelling van die 16 dae van aktivisme teen geen geweld teen vroue en kinders-veldtog.

As deel van die veldtog gaan die Kaapstad-metro ses geleenthede aanbied in gebiede met die grootste voorkoms van geslags- en geweldsmisdaad, wat insluit Mitchells Plain, Rocklands, Bellville-Suid, Clarke Estate, Nyanga, Eersterivier en Athlone.

“Organisasies en gerehabiliteerde oortreders moet onder die tema ‘Reik uit, staan op en word gehoor’ deelneem aan die geleenthede om die hoë vlak van geslagsgeweld te pak en mans aan te spoor om vroue te respekteer en te beskerm,” sê Plato.

As deel van die geleenthede sal daar motiveringsprekers wees en slagoffers van mishandeling en gerehabiliteerde oortreders sal getuienis lewer waardeur hulle mense wil aanmoedig om die stilte teen mishandeling te verbreek.

Die 16 dae van aktivisme teen geen geweld teen vroue en kinders-veldtog het op 25 November begin en eindig op 10 Desember.

Plato sê in ’n verklaring dat die veldtog sowat twee weke duur, maar dat vroue en kinders regdeur die jaar mishandeling en geweld ervaar.

“Ons moet daarom deur die jaar standpunt inneem teen die geweld teen vroue en kinders en nie net tydens die veldtog nie.

Dit is skandelik dat die geweld teen vroue en kinders in ons land voortduur. Te dikwels sien en hoor ons dat mans wat veronderstel is om hul gesin en geliefdes te beskerm diegene is wat die misdade pleeg.

Luidens die verklaring het misdaadstatistieke vir moord en verkragting van 2019 tot 2020 toegeneem. Sake van seksuele aanranding sowel as aanranding het ook toegeneem.

“Dit is duidelik dat mense se houding nie verander het nie en dat ons harder moet werk om ons seuns en jong mans op te voed. Die siklus van mishandeling kan nie voortduur nie,” lui die verklaring.

’n Taakspan van die burgemeester, bestaande uit godsdiensleiers en kundiges, sal deel wees van vanjaar se pogings om bewusmaking van geweld teen vroue en kinders te verskerp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.