Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gewilde marathon sluit Oesterfees af
Atlete Saterdag by die wegspring van die Momentum Cape Times Knysna-bosmarathon.
Atlete hardloop Saterdag deur die Knysna-bos tydens die Momentum Cape Times Knysna-bosmarathon.
Atlete durf ’n modderige pad aan tydens die Momentum Cape Times Knysna-bosmarathon.

Nie eens modderige bospaadjies kon Saterdag die geesdrif demp vir die Momentum Cape Times Knysna-bosmarathon wat op die Oesterdorp gehou is nie.

Charne Bosman (naaslinks), vrouewenner van vanjaar se Comrades-marathon, Georlene Wolmarans (middel), Knysna se burgemeester, en die krieketspeler Graeme Smith (regs) by die Momentum Cape Times Knysna-bosmarathon terwyl twee onbekende deelnemers nader staan.

Dié wedloop, wat ook ’n halfmarathon en pretafdeling insluit, is tydens die Oesterfees op Knysna aangebied. Die fees, wat oor tien dae gestrek het, het Sondag ten einde geloop.

Motlatsi Sesing van Mohlakeng, Johannesburg, het die 42,195 km in 2:38:25 gewen. In die afdeling vir vroue het Thalia Charalambous in 3:14:12 geseëvier.

’n Langasematleet van die Suidwestelike Distrikte, Lloyd Bosman, was eerste oor die wenstreep in die halfmarathon in 1:07:10. Die vroueafdeling is deur Andrea Steyn in 1:24:56 gewen.

Charne Bosman (links), vrouewenner van vanjaar se Comrades-marathon, Georlene Wolmarans, Knysna se burgemeester, en die krieketspeler Graeme Smith by die Momentum Cape Times Knysna-bosmarathon.

Atlete wat aan die marathon deelneem, hardloop deur meer as 30 km van bosterrein. Die weer het goed saamgespeel, maar plek-plek moes die atlete fyntrap weens modderige padtoestande waar reën vroeër verlede week uitgesak het.

Die eerste paar kilometer was die pad ’n bietjie glad, sê Bosman. “Maar alles het darem volgens plan verkoop. Ek is die rekordhouer in die halfmarathon met 1:03, maar ek is steeds tevrede met my tyd.”

Deelnemers aan vanjaar se halfmarathon het ook die krieketspelers Graeme Smith en Jacques Kallis ingesluit. Ná die wedloop het Smith getwiet: “Dankie vir die wedloop, ouens, was mal daaroor!”

Kallis, wat saam met sy suster, Janine, deelgeneem het, het op sy beurt getwiet: “Prettige maar harde dag om die marathon te hardloop saam met my kleinsus. Knap gedaan, jongeling.”

Die organiseerders het die marathon, vir mense van alle fiksheidsvlakke, as ’n groot sukses bestempel.

Volgens Leon Brown, organiseerder en hoof van die Knysna-marathonklub, is ses vragmotorvragte komberse en warm klere ook ingesamel. Dit word ná afloop van die byeenkoms aan behoeftige gemeenskappe uitgedeel.

Die fees is Sondag afgesluit onder meer met ’n konsert deur die Vloot se orkes, ’n kanopolo-byeenkoms by die Knysna-waterfront en ’n rugbytoernooi by Loeriepark.

Meer oor:  Graeme Smith  |  Jacques Kallis  |  Marathon  |  Ontspan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.