Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gewilde rolbal-egpaar met skietwonde in huis gekry
Trevor en Elma Davis. Foto: Facebook

’n Uitvoerende bestuurslid van Rolbal Suid-Afrika, Trevor Davis (67), en sy vrou, Elma Davis (52), is Sondagmiddag omstreeks 17:00 dood met skietwonde in die slaapkamer van hul huis in Mosselbaai in die Suid-Kaap gevind.

Volgens die polisie is ’n haelgeweer by hulle gevind. Bure het die polisie ontbied nadat skote uit die huis gehoor is.

In dié stadium word ’n geregtelike doodsondersoek gedoen.

Elma was ’n Protea-rolbalspeler en het Suid-Afrika ook in die verlede op die Statebondspele verteenwoordig.

Trevor en Elma Davis.Foto: Facebook
Meer oor:  Rolbal Suid-Afrika  |  Elma Davis  |  Trevor Davis  |  Mosselbaai  |  Rolbal-Egpaar  |  Moord  |  Polisie-Ondersoek  |  Misdaad  |  Skietwonde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.