Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gift of the Givers help met kos in Mbekweni
Die bejaardes van Mbekweni wat wag op hul pakkies met kos en higiëne-produkte. Foto: Verskaf

Gift of the Givers gaan pakkies met kos en ook met higiëne-produkte uitdeel aan mense van Mbekweni in die Paarl nadat hulle Woensdag verskeie oproepe gekry het waarin dié mense om hulp vra.

Die organisasie sê in ’n verklaring die mense sê hulle baklei nie net teen die koronavirus nie, maar hongersnood het nou hul grootste vyand geword. Hulle sukkel om van dag tot dag te oorleef.

Ali Sablay, projekbestuurder, sê hulle het op die higiëne-produkte besluit omdat die virus vinnig in die Wes-Kaap versprei.

“Die inwoners is baie dankbaar daarvoor. Een van hulle het gesê hulle het niks om hul hande mee skoon te maak nie,” sê Sablay.

Numka Johnstone, inwoner van Mbekweni wat haar twee pakkies gekry het, sê sy is baie dankbaar vir albei.

“Ons het niks in die huis gehad nie,” sê Johnstone.

Volgens die verklaring van Gift of the Givers, is die helfte van die gemeenskap van Mbekweni werkloos.

“Diegene wat wel werk gehad het, is ook nou werkloos weens die staat inperking.”

Gift of the Givers sou Woensdag 1 250 kospakkies en 1 250 pakkies met higiëne-produkte uitdeel.

Meer oor:  Paarl  |  Gift Of The Givers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.