Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gift of the Givers kom tot Klipplaat-inwoners se redding

Desperate inwoners van Klipplaat in die Oos-Kaap steier daagliks onder ’n rits probleme soos honger en droogte, terwyl die Covid-19-pandemie hul gevoel van hopeloosheid vererger.

Inwoners van dié Oos-Kaapse dorpie is dit eens dat hul noodkrete om regeringshulp geen gehoor vind nie, en daarom het hulle die nieregeringsorganisasie Gift of the Givers (GOG) om hulp genader.

Imtiaaz Sooliman, die GOG se hoof, sê die inwoners se desperaatheid, hul materiële, liggaamlike, emosionele en sielkundige trauma is wat die organisasie keer op keer laat terugkeer om hulp te verleen.

Volgens Sooliman bel inwoners van Klipplaat dikwels in trane met stories oor hoe hulle uit asblikke moet eet, hoe hul diere by die honderde vrek.

Die nieregeringsorganisasie Gift of the Givers het onlangs weer uitgereik om inwoners van Klipplaat in die Oos-Kaap te help.

Toe die GOG inwoners onlangs met 400 kospakkies bystaan, het hulle volgens Sooliman weer besef groter ingryping is nodig.

Om dié rede het hulle Vrydag teruggekeer met masjinerie om boorgate te sink, JoJo-tenks, watertenkwaens, drie vragmotors met voer vir honger en sterwende diere, 1 000 kospakkies, gebottelde water, en pap met ’n hoë voedingswaarde vir kinders.

Te midde van die Covid-19-pandemie het GOG ook beskermende drag aan 30 hospitale verskaf. Die oprigting van ’n eenheid met 120 beddens by die Bhisho-hospitaal is tans onderweg.

Sooliman sê die fasiliteit word opgerig as hulpmiddel tydens die pandemie, maar dit gaan in die toekoms vir verskeie ander doeleindes benut kan word.

“Ons het teruggekom in die hoop om mense se vertroue te herstel en om hulle weer hoop te gee.”

Sooliman wonder wat dit gaan kos voordat iemand in ’n hoër gesagsposisie gaan intree om mense in dié “vergete” dorpie te help.

Hy meen apartheid word gebruik as ’n verskoning oor waarom dinge nie gedoen word nie, en dat dit ’n klap is in die gesig van diegene wat nie ’n stem het nie.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Imtiaaz Sooliman  |  Klipplaat  |  Oos-Kaap  |  Beskermende Drag  |  Kospakkies  |  Boorgate  |  Voer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.