Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gift of the Givers, Oppenheimers help nood verlig in Kuruman
Die Oppenheimer-familie het ’n helikopter gestuur om met die pogings te help om kos by sowat 800 gesinne uit te kry wat weens die vloede in Kuruman in nood verkeer. Foto: Facebook Gift of the Givers

Die organisasie Gift of the Givers verleen sedert Donderdag hulp aan sowat 800 gesinne in die John Taolo Gaetsewe-distrik wat weens erge vloede in die gebied van die buitewêreld afgesny is.

Dr. Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, het in ’n inskrywing op Facebook gesê sy span het Woensdag op ’n 11 uur lange reis met broodnodige humanitêre voorraad na die Kuruman-omgewing vertrek.

“Die voorraad sal aan gesinne in nedersettings – wat weens die ergste vloed sedert 1974 van die buitewêreld afgesny is – geskenk word.”

Sooliman het die uitdagende toestande van die paaie in die gebied wat deur die vloedwater weggespoel is, beskryf en gesê kol. Jan Rossouw van die polisie in Kuruman en Kuruman Rampbestuur het die organisasie deurentyd op hoogte gehou van die situasie, aangesien swaar reën in die omgewing bly uitsak het.

“Dit maak die paaie moeilik begaanbaar.”

In ’n stadium moes die groep verskillende rigtings inslaan. Die bakkies moes na Kimberley en die groot vragmotor moes deur Upington na Kuruman reis.

Dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, Topsy Vilakazi, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, en Sofia Mosikatsi, uitvoerende burgemeester van die John Taolo Gaetsewe-distrik, het die organisasie se verteenwoordigers Donderdag in die rampgebied ontvang.

Maatskappye soos Woolworths, Makro en The Foschini Group het dit moontlik gemaak dat genoeg kospakkies vir die gesinne afgelewer kon word.

Die kosvoorraad wat deur Gift of the Givers geskenk is om sowat 800 gesinne in Kuruman te help wat weens vloede in nood verkeer, kom op die dorp aan. Foto: Facebook Gift of the Givers

“Dit uitdaging was egter baie groot, want die paaie was steeds onbegaanbaar wat veroorsaak dat inwoners van die nedersettings heeltemal van Kuruman afgesny is en nie by winkels kon uitkom om kos te koop nie. Ook kon ons nie die pakkies by die inwoners self aflewer nie.”

Saul sê daar moet krediet gegee word aan die departement van maatskaplike ontwikkeling wat alles in sy vermoë gedoen het om die nodige artikels by inwoners uit te kry.

Die massiewe vrag hulp wat die organisasie na Kuruman gebring het, sou egter groter logistieke vermoë benodig om versprei te word. Dit is toe dat Gift of the Givers vir Nicky en Jonathan Oppenheimer genader het om navraag te doen of hulle ’n helikopter het wat Gift of the Givers in die uitdagende omstandighede sou kon help.

Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het self pakkies kos deur waterplasse na gesinne aangedra. Foto: Facebook

Die Oppenheimers het ingestem en ook hul vlieënier, Johnny de Lange, wat in 2019 die organisasie tydens die sikloon Idai in Mosambiek bygestaan het, gestuur om weer te help.

Die dienste van die helikopter is ook gratis geskenk.

Die helikopter het Vrydagoggend in Kuruman aangekom en die voorraad kon na die behoeftige gesinne geneem word.

Saul het self Donderdag kniediep deur die water geloop en swaar kospakkies aan gesinne uitgedeel om so homself ook te vergewis van die situasie in die gebied.

Sowat 800 gesinne is weens vloede in die John Taolo Gaetsewe-distrik van die buitewêreld afgesny. Die gebied het erg onder vloedwater deurgeloop. Foto: Facebook

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.