Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gimmie in Riebeeckstad begrawe ná padongeluk
Keshia se pa, Bendaniël vertroos sy ander dogter, Tiniël. Voor staan Charmaine, Tiniël en Keshia se ma, by Keshia se kis. Foto: Madli Grobbelaar

Leerlinge van die Hoërskool Gimnasium in Welkom het Vrydagmiddag saam met haar familie en vriende op roerende wyse afskeid geneem van Keshia van Niekerk (17) wat Saterdag noodlottig in ’n ongeluk buite Virginia beseer is.

Keshia, ’n matriekleerling van die skool, is uit die NG kerk Erfdeel in Riebeeckstad begrawe.

Keshia, Stephan Broodryk (20), Brendon van Zyl (20), Janika van Zyl (18) en Anique Fourie (17) was net buite Virginia op die R30 in die ongeluk waarin nog drie ander mense ook dood is.

Ooggetuies sê die bestuurder van ’n swart Volkswagen Golf het ’n U-draai reg voor die aankomende verkeer gemaak.

Die bestuurder van ’n Landrover, Leroele Hlaho (24) en sy passasier, Malerato Tsupa (36) is ook in die ongeluk dood. Hlaho het volgens ooggetuies vir die Golf uitgeswaai en die Renault, waarin Keshia en haar vriende was, getref.

Keshia is Sondag breindood verklaar en haar organe is geskenk.

Stephan, wat die motor bestuur het, is op die toneel dood. Brendon en Janika is nog in die waakeenheid van die Mediclinic Welkom. Marissa Pawson, woordvoerder van die hospitaal, sê is albei nog in ’n koma en word onder verdowing gehou.

Anique is lig beseer, maar is erg getraumatiseer.

Stephan word Dinsdag om 11:00 uit die Lighuis Bediening in Flamingopark, Welkom, begrawe.

Meer oor:  Virginia  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.