Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gimnasium trek klag teen masturbeerder terug

Virgin Active (VA) het die klag teen die 18-jarige teruggetrek wat op video afgeneem is waar dit lyk asof hy masturbeer.

William Fullard, die man se prokureur, het Donderdag bevestig die gimnasium het die klag teen sy kliënt teruggetrek voordat hy in die hof moes verskyn.

Die man sit skynbaar openlik en masturbeer.

Die jong man sou Donderdag op aanklag van seksuele teistering in die landdroshof in Stellenbosch verskyn.

“Die saak is nie op die hofrol geplaas nie,” sê Fullard.

Hy sê ’n informele mediasieproses het Woensdag tussen hom en Virgin Active se interne regsadviseur plaasgevind.

Met hul aankoms Donderdag by die hof, het die staat nie die saak op die hofrol geplaas nie en bevestig die gimnasium het die aanklag teruggetrek.

Daar is geen rede vir die terugtrekking gegee nie.

Netwerk24 het vroeër berig dat die 18-jarige volgens mense wat hom ken aan Asperger se sindroom ly. Dit is ’n minder ernstige vorm van outisme.

Die jong man is op 16 Mei deur iemand in die gimnasium afgeneem waar hy glo masturbeer en die video is op sosiale media geplaas, waarna dit soos ’n veldbrand versprei het.

’n Klag van seksuele teistering is toe op 20 Mei ingedien en die 18-jarige het hom, vergesel van Fullard, by die polisie in Stellenbosch gaan oorgee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.