Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Girokopter: Slagoffer was bekende liedjieskrywer

Die man wat Sondagoggend in ’n fratsongeluk in die Vaal Marina dood is toe hy deur die lem van ’n girokopter getref is, was die bekende liedjieskrywer en musiekvervaardiger Terry Dempsey (77).

Terry Dempsey (77)

Hy was deel van ’n familiegroep wat op ’n pier by die dam gestaan en kyk het hoe ’n familielid se as uit die girokopter gestrooi sou word.

Volgens die nooddienste moes die girokopter egter ’n noodlanding maak en die skroef het Dempsey getref. Hy is op die toneel dood.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid (BLO), het gesê die vlieënier en passasier in die girokopter is lig beseer.

Lede van die BLO was reeds Sondag op die toneel om die voorval te ondersoek.

Die brandweer is ook ontbied en hul kapelaan het die familie op die toneel bygestaan.

Die Dempsey-familie sê in ’n verklaring Dempsey was bekend as ’n professionele liedjieskrywer, albumvervaardiger, musikant, bestuurder en kunstenaar.

Hy het in sy loopbaan van meer as 50 jaar ongeveer 40 nasionale en internasionale treffers geskryf van Daydreamer, wat deur David Cassidy gesing is, tot Love is a Beautiful Song wat deur Dave Mills gesing is.

  • Meer hieroor volg later.
Terry Dempsey (77)
Die toneel waar ’n girokopter Sondagmiddag ’n noodlanding moes doen en die lemme ’n bejaarde man op die dam se oewer se dood veroorsaak het. Foto: Verskaf | Netcare911
Meer oor:  Sterfgeval  |  Girokopter  |  Fratsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.