Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
GKSA en APK gaan nie bande verstewig nie

Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) en die Afrikaanse Protestante Kerk (APK) gaan nie verder bande verstewig nie, weens die APK se eksklusiewe blanke Afrikaner-beleid.

’n Aanbeveling het gedien dat GKSA-gemeentes ’n memorandum van samewerking met die APK moet beoordeel, maar dié aanbeveling is deur ’n oorweldigende meerderheid van die 280 afgevaardigdes by die GKSA se algemene sinode in Potchefstroom verwerp.

Luidens die memorandum sou die onderskeie kerkverbande se predikante op mekaar se kansels kon preek, doop en Nagmaal oor en weer bedien of ontvang, en gesamentlike eredienste kon hou.

Bykans 280 afgevaardigdes van die GKSA by die algemene sinodesitting in Potchefstroom. Foto: Jana Marx

"Artikel 3 van die Kerkorde van die AP Kerk wat handel oor kerk en lidmaatskap, bepaal dat net 'blanke Afrikaners, asook ander blankes wat hulle met blanke Afrikaners vereenselwig ... saam met hulle kinders lidmaatskap van ’n plaaslike kerk (gemeente) verkry'. Dit is vir die GKSA problematies," lui die besluit wat ds. Petrus Venter voorgehou het.

Die GKSA wil wél in gesprek bly met die APK oor die kwessies wat skeiding veroorsaak.

"Ons verhouding bly by wat ons noem 'ekumeniese kontak'," het die algemene sinode se voorsitter, dr. Douw Breed verduidelik.

Dit is glo die verste vorm van kerkverhoudinge wat die GKSA met ander kerkverbande handhaaf, het hy later aan Netwerk24 verduidelik.

"Ekumeniese kontak gaan oor samewerking op een of ander terrein waarby albei kerke baat," het Breed gesê.

Ds. Johan Schütte, direkteur van kerkadministrasie wat die APK by die sinodesitting verteenwoordig is teleurgesteld dat die voorstel oor die memorandum afgekeur is.

"Ons het gereken dat die kommentaar van plaaslike kerke oor die verhouding met die APK juis sou help om die gesprek tusen die twee kerke oor die volgende drie jaar (tot by die volgende sinode) te rig."

Volgens Schalk Strauss, voorsitter van die sentrale kerkkommissie van die APK, bring die besluit nie ’n verandering aan die huidige verhouding nie, maar handhaaf die status quo. "Ons het wel gehoop vir meer. Ons is maar teleurgesteld."

Hy sê die ligpunt is wel dat die GKSA die gesprekke wil laat voortgaan.

"Ons sal wél eers as kerk kan kommentaar lewer wanneer ons die besluit van die GKSA ontvang het."

Meer oor:  Apk  |  Afrikaans  |  Gksa  |  Kerk  |  Ras  |  Sinode
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.