Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘G’n ammunisie op vlug, net wettige simulators’

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het beweringe “met minagting verwerp” dat hy probeer het om klein wapens en ammunisie na Kuba te smokkel.

Die SANW het Woensdag in verklaring gesê die toerusting was swaarvoertuig-simulators wat vir opleiding bedoel is waarvoor die groen lig van doeane en Krygkor ontvang is nadat die regte prosedures gevolg is.

“Die toerusting was geoormerk vir die opleiding van SANW-lede in die tegniese aspekte van nabootser-ontwikkeling, instandhouding en herstel as deel van die bi-laterale ooreenkoms met die Kubaanse gewapende magte, Projek Thusano.”

Dit is luidens die verklaring in ooreenstemming met die noodsaaklikheid om die nodige skaars tegniese vaardighede in die SANW te ontwikkel.

Die verklaring is uitgereik nadat Rapport verlede Sondag berig het dat die SANW probeer het om sonder die nodige magtiging ’n besending aanvalsgewere en ammunisie na Kuba te smokkel.

Hulle wou luidens die berig die wapentuig op ’n gehuurde SAL-vlug na Havana laai wat ook passasiers sou dra, blykbaar sonder dat die lugdiens of sy vlieëniers van die aard van die vrag bewus was.

Eers nadat die SAL en doeanebeamptes uitgevind het dat ’n aansienlike hoeveelheid oorlogstuig deel van die vrag was, is die vlug gekanselleer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.