Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
G’n dankie vir eerlike kelnerin

’n Egpaar wat ’n sak met R42 000 kontant daarin op hul tafel by die Wimpy vergeet het, het die hele sak vol gerolde geldnote teruggekry danksy ’n oplettende kelnerin – maar haar nie eens bedank nie.

Hulle het eerder gekla dat ’n R100 kwansuis weg was.

Die paar, wie se name nie bekend is nie, het Dinsdag 18 Junie saam met hul twee tienerdogters by die Wimpy in Dundee, KwaZulu-Natal, gaan eet.

Salma Xhala het hulle bedien.

Xhala het aan Rapport gesê sy het nie opgelet dat die gesin ’n sak by hulle het nie, en dit eers gesien nadat hulle omstreeks 19:30 daar weg is.

Xhala het ’n medekelnerin, Rita Mthombeni, nader geroep voordat sy die sak oopgemaak het. “Ek wou nie op my eie aan die sak raak nie,” sê sy.

Hulle oë het omtrent gerek, want in die sak was bondels vasgebinde note. Hulle het die bestuurder, Tanja Caldecott, gaan roep.

Toe die restaurant teen 20:00 sluit, het die paartjie nog nie teruggekom om die geld te kom haal nie. Die sak geld is in ’n kluis toegesluit.

Die volgende oggend is die polisie ontbied. Polisielede het saam met Wimpy-werknemers die geld getel voordat hulle dit na die polisiekantoor geneem het. Daar het die gesin die volgende oggend uit die bloute opgedaag om navraag te doen oor hul sak geld.

Kapt. Mbemba Sebenze, polisiewoordvoerder, sê die vrou het later gebel en beweer R100 was weg.

Xhala sê sy het “regtig sleg gevoel” dat die egpaar nie eens die moeite gedoen het om terug te kom Wimpy toe om hulle te bedank nie.

Meer oor:  Kelnerin  |  Wimpy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.