Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
G’n gay-troues hier, wel onthale
Die bestuurders van die twee Schoongezicht-restaurante – een in die Paarl en een in Brackenfell – het gister bevestig dat gay mense nie in die twee kerke op hul persele mag trou. Hul onthale kan egter in die restaurante gehou word. Foto: Edrea du Toit

Die bestuurders van twee bekende restaurante – die een in die Paarl en die ander in Brackenfell – het gister bevestig dat hulle nie gay-troues doen nie.

“Gay mense is egter welkom om hul onthale by ons restaurante te hou.”

So het Lysencke Bruwer, een van die bestuurders van die twee Schoongezicht-restaurante in die Wes-Kaap, gister gesê.

Bruwer het gesê die twee kerke op die persele waar die restaurante geleë is, behoort ook aan hulle familie.

“Dit sal teen ons Christelike oortuigings wees om so ’n troue daar te hê, maar dit beteken nie dat gay mense onwelkom is by ons restaurant nie,” het Bruwer gesê.

Volgelinge van die I LOVE CAPE TOWN-Facebookblad het na die inskrywing van Sarie Sitkamer onder meer gevra of mense nog in die “Kliptyd” lewe. Foto: Facebook

Ene Sarie Sitkamer het verlede Vrydag op die Facebookblad “I Love Cape Town” geskryf dat hulle na Schoongezicht in die Paarl gaan kyk het as ’n moontlike plek vir ’n troue.

“Ons is rondgewys en ’n pryslys gegee. Net toe ons die plek verlaat het, het ons gevra: ‘Julle is gay-vriendelik, reg? Die antwoord hierop was: beslis NIE. Dit is bevestig deur die venue in Durban­ville.”

Bruwer se suster, Mariancka Norden, het egter in e-pos gesê Sitkamer versprei “valse gerigte (sic)” oor hulle.

Norden het verder gesê hulle het nêrens in hul 11 jaar van bestaan iemand gehad wat gekla het of gesê het dat hulle teen enige tipe mens of kleur diskrimineer nie.

“Staan daar op ’n bord voor ons deur wat sê ‘No Gays’, soos dit nou laat klink word op Facebook? Nee hoegenaamd nie. Enige persoon is welkom.”

Sy sê ook verder dat hulle “mense-vriendelik” is en dat sy nie namens alle Christene praat nie, maar dat mense eerder almal moet saamstaan en in vrede leef as om oor mekaar se persoonlike beginsels te baklei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.