Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Goeie reën laat SA damvlakke styg

Die stormreën die week het die land se watersituasie ietwat verbeter en damvlakke het oor die algemeen gestyg, maar in die Wes-Kaap begin die winterreën nou opdroog.

Veral die damme in die Oos-Kaap het die afgelope week water gekry en die vlakke het met byna 2% gestyg, terwyl die land se gemiddelde damvlakke van 62,2% tot 62,6% gestyg het.

“Groot dele van die Oos-Kaap ly die afgelope vier jaar aan erge droë toestande, wat veroorsaak dat baie mense sukkel om toegang tot water te kry vir basiese watergebruik,” lui ’n verklaring van die departement vir water en sanitasie.

“Die onlangse reën het vir baie gemeenskappe verligting gebring, veral op die platteland, waar soveel as moontlik van die reën opgevang is.”

Die departement sê nog reën wat vir volgende week voorspel word, sal na verwagting die damvlakke in Suid-Afrika eksponensieel laat toeneem in die aanloop tot die feestyd.

Luidens die verklaring kan kitsvloede selfs in sommige gebiede verwag word.

Maar namate einde November naderkom en die Wes-Kaap se winterreën ophou val, begin die provinsie se damvlakke week ná week marginaal daal.

“Volgens die departement se jongste weeklikse verslag het die provinsie se damvlakke vandeesweek van 80% na 79,5% gedaal,” lui die verklaring.

Daarenteen was daar in Gauteng, waar die Vaaldam die belangrikste waterverskaffer is, die afgelope week ’n styging in damvlakke van 90,8% tot 91,7%.

Die Vrystaatse damme het ook van 71,6% verlede week tot 72,1% die week gestyg. Die syfer sluit die Gariep-, Vanderkloof- en Sterkfontein-dam in.

Die reën het ook ’n positiewe uitwerking op die Noord-Kaap gehad waar damvlakke vandeesweek van 89,5% tot 90,1% gestyg het.

Ander provinsies wat voordeel getrek het uit die swaar reën, is KwaZulu-Natal en Noordwes. Damme in KwaZulu-Natal het van 52,7% tot 53,3% gestyg, terwyl die vlak van Noordwes se damme marginaal met 62,5% tot 63,2% toegeneem het.

In Mpumalanga en Limpopo het damvlakke met ’n gemiddeld van 1% gedaal. Die situasie is steeds haglik in die Mopani-streek van Limpopo waar die drie groot damme – Tzaneen-, Middel-Letaba- en Modjadji-dam minder as 10% vol is.

damvlakke
Grafika: Damvlakke

Meer oor:  Damvlakke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.