Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Goeie vordering’ gemaak teen brande by Stellenbosch
Die brande in die Franschhoek- en Stellenbosch-omgewing het teen Vrydag in die Jonkershoekberge inbeweeg en ’n digte rookwolk het oor Stellenbosch gehang. Helikopters is ingespan en omdat dit Sondagaand windstil was, kon brandspanne na hoogliggende plekke geneem word. Foto: Jaco Marais

Die wegholbrande wat reeds ’n week in die Franschhoek- en Stellenbosch-omgewing woed, was teen Maandagoggend steeds nie geblus nie, hoewel brandbestryders vordering maak.

Hulle het weer deurnag gewerk.

Die brandbestryders kon Sondagaand en deur die nag daarin slaag om te keer dat die brande wat bo Jonkershoekvallei woed, versprei.

Brandspanne het Sondag weer deurnag gewerk en goed gevorder. Foto: Jaco Marais

Jo-Anne Otto, woordvoerder van die branddienste in die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, sê die branddienste het “uitstekende vordering” gemaak om die brand in die berge en veld bokant Stellenbosch in te perk.

“Die brand is nie ten volle onder beheer nie omdat daar steeds ’n paar aktiewe brandlyne in die ontoeganklike kloof van Banhoek is,” sê sy.

Sy sê die vordering was moontlik omdat die wind nie laat gisteraand, soos voorspel, weer begin waai het nie. Brandspanne kon dus per helikopter na hoogliggende gebiede gaan om brande op die bergpieke te probeer blus.

“Hierdie grondspanne het hul aandag deur die nag op die toeganklike brandlyne gevestig en met opruimingsaktiwiteite voortgegaan.”

Otto sê die personeel sal vanoggend vervang word deur nuwe spanne, wat op die opvlammings en opruimingswerk sal fokus.

“Die goeie vordering wat die afgelope 24 uur gemaak is, het baie van die spanne en ander hulpbronne van die Overberg- en Weskus-distriksmunisipaliteite toegelaat om na hul eie stasies terug te keer.”

Sy sê daar is in hierdie stadium nog geen berigte van lewensverlies of eiendom wat beskadig is nie.

Twee brandbestryders is Vrydag met brandwonde na die Mediclinic in Stellenbosch geneem. Niemand het nog in die brande omgekom nie. Foto: Jaco Marais


Meer oor:  Wes-Kaap  |  Staproetes  |  Wind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.