Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Golden Arrow-busse loop weer nadat 3 busse brand
Die Golden-Arrow bus wat Vrydagaand uitgebrand het.

Golden Arrow-busdienste sê die koste verbonde aan die twee busse wat Vrydag in Kaapstad uitgebrand het, beloop sowat R5 miljoen terwyl die skade aan ’n derde bus steeds bepaal word.

Bronwen Dyke-Beyer, Golden Arrow-woordvoerder, het bevestig dat drie Golden Arrow-busse Vrydagaand aan die brand gesteek is.

“Twee van ons busse is totaal vernietig en ’n derde is beskadig,” sê Dyke-Beyer.

Die onderskeie voorvalle het in Gugulethu, Luzuko en Philippi plaasgevind terwyl taxi-betogings terselfdertyd chaos op Kaapse paaie veroorsaak het.

Volgens Golden Arrow sal hul busdienste egter Maandag soos normaal loop.

Brandweermanne spook om die brandende bus te blus.

“Ons werk volgens ons normale skedule. Die motief vir die brandstigtingsvoorvalle is nog onbekend en ons vra mense met inligting om na vore te kom om die polisie met die ondersoek te help,” sê sy.

Golden Arrow het stadsowerhede gevra om te help om die skaamtelose aanvalle op die busdienste stop te sit.

Intussen het Jermaine Carelse, woordvoerder van Kaapstad se brand-en-nooddienste, bevestig dat hulle brandweerspanne omstreeks 18:30 Vrydagaand uitgeroep is om die brandende busse te blus.

“Brandweer en reddingspanne het op ’n bus afgekom op die hoeke van Govan Mbekiweg en NY1 in Gugulethu. Die brandweerspanne is deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens, metropolisie en die Suid-Afrikaanse Weermag na die toneel begelei.”

Carelse sê die brand is omstreeks 18:57 geblus en geen beserings is aangemeld nie. Hy bevestig dat twee busse totaal uitgebrand het. Volgens Carelse is die oorsaak van die brande nog onbekend.

Meer oor:  Golden Arrow  |  Busse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.