Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gorilla kry operasie kort voor sy 35ste

Pote in die lug en tong uit lê Makokou op die operasietafel; reg vir die mes, met ’n span van meer as sewe wat hier vashou en daar vryf om hom gemaklik te maak vir sy prosedure.

Makokou die gorilla met sy suurstofbuis terwyl die
Makokou die gorilla met sy suurstofbuis terwyl die veeartse ultraklankskanderings doen om sy lyf voor te berei vir die operasie. Foto: Elizabeth Sejake

Makokou, ’n westelike-laaglandgorilla, is Saterdagoggend by die Johannesburgdieretuin geopereer om groeisels uit sy neus te verwyder.

Hy is vroegoggend al verdoof vir die operasie. Agt mense moes help om sy hok te dra tot by ’n bakkie, van waar hy vervoer is na die dieretuin se hospitaal.

Dié reis was ’n vulletjie teen die een wat Makokou twee weke gelede gemaak het toe hy per helikopter na Onderstepoort vervoer is vir ’n CT-skandering.

Dié skandering het gewys waar die groeisels is wat veroorsaak het dat Makokou se neus sedert Desember loop.

Die operasie is die eerste van sy soort op ’n gorilla in Suid-Afrika.

“Ons het boodskappe van Duitsland (Makokou se tuisland) ontvang om ons sterkte toe te wens,” sê Jenny Moodley, woordvoerder van die dieretuin.

Volgens dr. Kresen Pillay, die veearts wat Makokou se mediese span gelei het, is Makokou se lip oopgesny tot oor sy neus om toegang te verkry tot sy neusgate. Die mediese span hoop dat die groeisels volledig verwyder is en nie  sal teruggroei nie.

Makokou vier op 9 Julie sy 35ste verjaardag en is die enigste gorilla van sy soort in die dieretuin.

Meer oor:  Gorilla  |  Makokou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.