Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Goudveld: Nood groei daagliks

Die getal mense wat net in Welkom by haar om hulp vir kospakkies aangeklop het, het sedert Maart tot nou van 100 tot 340 gesinne toegeneem, sê Alet Viljoen van die Sonskyn-projek.

Viljoen sê almal in Welkom werk saam onder die vaandel van Kerke in Aksie (KIA) om mense te help.

Hulporganisasies in Welkom het al 16 000 maaltye tydens die inperkings aan behoeftiges gegee, dit sluit Thabong uit waar Meals on Wheels die gemeenskap ondersteun. Foto: Verskaf

Sy sê KIA gee daagliks 500 gekookte etes aan mense wat nie krag het om self kos te maak nie. Dit sluit die honderde mense wat kospakkies ontvang uit.

Kerke in Aksie, wat onder meer deur AfriForum, die DA, VF Plus en ANC se Vroueliga ondersteun word, het al 16 000 etes tydens die inperkings aan mense verskaf.

“Onthou, dit sluit Meals on Wheels uit, hulle gee ook deur die hele Goudveld vir honderde mense kos,” sê sy.

Viljoen en David Kuhn van Meals on Wheels, sê die afgelope maand het professionele mense soos regsgeleerdes en sakelui by hulle begin aanklop om hulp.

“Ons sien ook dat mense wat voorheen net bokant die broodlyn geleef en vir hulself gesorg het, nou by ons kom kos vra,” sê Kuhn.

Viljoen sê baie mense sal volgende week weer kan begin werk, maar sal eers teen einde Junie salarisse ontvang.

Martie Blumenthal van Hennenman sê op dié dorp is daar daagliks nuwe mense wat om hulp vra.

Blumenthal en nog inwoners werk saam om kospakkies te versprei en word deur die gemeenskap, AfriForum, plaaslike sakelui en boere ondersteun. Hier het die nood van sowat 20 gesinne in Maart toegeneem tot 150 gesinne wat nou kospakkies nodig het.

Dit is mense wat voorheen vir hulself kon sorg en nou swaarkry.

Eienaars van kleinsake-ondernemings sê hulle wag nog om te sien of dinge volgende week op vlak 3 van die staat van inperking verbeter.

Pieta Prinsloo, eienaar van ’n werkwinkel in Hennenman, sê hy het die afgelope week net twee voertuie herstel.

“Dit is baie stil; ons sal volgende week sien of dinge beter raak,” sê hy.

Vulstasie-eienaars op die dorp sê daar is beslis nou meer mense wat brandstof ingooi, maar dinge is beslis nog nie normaal nie.

Meer oor:  Welkom  |  Goudveld  |  Inperkingsregulasies  |  Inperking  |  Armoede  |  Kos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.