Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Goudveldse egpaar skenk rekord bloed
Bloedskenk is in hul bloed. Die Welkomse egpaar Hester en Gert Nel (middel) het saam al 530 eenhede bloed geskenk. ’n Rekord vir die Goudveld. By hulle is links Alta Pienaar,skakelpraktisyn van die SANBS in die Goudveldstreek, en regs Paul Goetham, nuwe sonebestuurder van SANBS. Hy is van Bloemfontein.Foto: Molly Green

In die Vrystaatse Goudveld is Gert Nel (66) en sy vrou, Hester, baanbrekers wat bloedskenk betref. Saam het hulle reeds 530 eenhede geskenk. Dit is ’n rekord vir die streek.

Drie lewens kan met elke eenheid bloed gered word, wat beteken hulle kon deur die jare al 1 590 lewens gered het.

Gert het Vrydag die Karl Landsteiner- goue medalje vir 300 eenhede en Hester die Paul Ehrlich-medalje vir 225 eenhede ontvang. Sy het reeds 230 eenhede geskenk.

Dié egpaar van Riebeeckstad is 44 jaar getroud. Hy het in 1970 begin bloed skenk en sy in 1967 toe sy 16 jaar oud was en in st. 9 (gr. 11)

Hulle het mekaar in 1972 ontmoet en is in 1974 getroud.

Die egpaar het drie kinders. Gerrie (45), die oudste het al 90 eenhede geskenk en Mauritz (37) spog met 52 eenhede. Ilze, hul dogter (41), ly aan bloedarmoede en kan nie bloed skenk nie

Die egpaar sê bloed skenk is ’n integrale deel van hul lewens.

Meer oor:  Vrystaat  |  Bloed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.