Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Graan SA se Derek Mathews op plaas aangeval

Derek Mathews, vise-voorsitter van Graan SA, en sy gesin is Saterdagaand op hul plaas in Noordwes aangeval.

Mathews kon teen Sondagmiddag nie telefonies bereik word nie, vermoedelik omdat sy selfoon gesteel is.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê Mathews en van sy familielede het Saterdag omstreeks 22:15 op sy plaas in die Deelpan-omgewing naby Biesiesvlei in die Sannieshofdistrik gebraai, toe vyf gewapende mans hulle oorval het.

“Daar was saam met Mathews nog sewe ander familielede, onder andere sy vrou, kinders, skoonkinders en ander familie.”

Die familie was volgens Tselanyane in die woonkamer toe die gewapende mans daar inkom. “Hulle het die familie met die wapens aangehou, hulle bevel om op die vloer te lê en hulle vasgebind.”

Volgens Tselanyane het die rowers hulle aanhou pols oor waar geld is, terwyl hulle die familielede geskop en geslaan het. Die rowers is eindelik vort met juweliersware, selfone, rekenaars en ’n onbekende bedrag kontant. “Hulle het ook ná die rooftog R5 000 kontant uit een van die slagoffers se rekening getrek.”

Teen Sondagmiddag is niemand nog vasgetrek nie. Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

Meer oor:  Graan Sa  |  Derek Mathews  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.