Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
GRAFIEK: So lyk W-Kaapse damvlakke, eendeweer op pad

Die Nasionale Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik dat ’n kouefront die Kaap Dinsdag sal tref. Dit sal sterk wind, onstuimige seetoestande en ligte reën oor die Suid-Kaap meebring.

In die Wes-Kaap kan sterk winde Dinsdag probleme veroorsaak vir hoë voertuie op sekere roetes in die binneland van die Wes-Kaap en suidelike dele van die Noord-Kaap, sê die weerdiens.

Daar is ’n 60%-kans vir reën Dinsdag in die Kaapstad-metro, op die Kaapse Vlakte, in die Paarl- en Malmesbury- gebied, aan die Weskus by Langebaan en in die Overberg by Grabouw en Hermanus.

Dit behoort teen Woensdag se kant op te klaar en die weerdiens sê daar is slegs ’n 30%-kans vir reën aan die Weskus, in Worcester, Mosselbaai en George. Woensdag sal die maksimumtemperature egter tot onder 20 °C daal in die meeste dele.

Die provinsie se damvlakke lyk baie goed vir hierdie tyd van die jaar, sê Anton Bredell, die LUR van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning. “Maar die provinsie bly bekommerd oor die droogte in sommige dele van die Wes-Kaap wat landbou raak.

“In die jongste tweejaarlikse veldbeoordelingsverslag bestempel die Wes-Kaapse departement van landbou die veldtoestande in dele van die Sentraal-Karoo, die Tuinroete en die noordelike deel van die Weskus-distrik as kritiek of uiters kritiek. Dit volg op jare se voortgesette droogte in daardie gebiede,” sê hy.

Bredell sê hy neem kennis van die besluit van die nasionale rampbestuursentrum op 20 Julie om ’n nasionale droogterampverklaring vir Suid-Afrika uit te reik.

“Die Wes-Kaapse regering het hierdie verklaring verwelkom, want ons glo dit baan die weg om verdere ondersteuning vir boere in die droogtegeteisterde gebiede te kry.”

Wes-Kaapse damme is tans 75,6% vol, teenoor 60,6% dié tyd verlede jaar. Damme wat Kaapstad van water voorsien, is 96,9% vol, teenoor 77,56% verlede jaar.

Die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die Wes-Kaap, is hierdie week 102% vol, teenoor 101,5% verlede week. Dit was dié tyd verlede jaar 73% vol.

Die Voëlvleidam is tans 83,9% vol, teenoor 80,8% verlede week, die Bergrivierdam is hierdie week weer 100% vol, en die Clanwilliamdam staan nou op 99,91% teenoor 99,9% verlede week.

damvlakke
Grafika

Meer oor:  Damvlakke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.