Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
GrandWest Casino skud vere reg vir heropening
Van die masjiene in die casino, waarvan gaste slegs 50% mag gebruik. Foto: Jaco Marais

Die GrandWest Casino in Kaapstad is slaggereed om sy deure Dinsdagmiddag te heropen.

Mervyn Naidoo, hoofbestuurder van die casino, sê hulle volg alle protokolle wat nodig is om gaste en personeellede se veiligheid te verseker en het op 23 Junie hul risikobeoordelingsplan aan die departement van arbeid voorgelê.

Volgens Naidoo sal die getal mense in die casino deurentyd gemonitor word sodat die perke wat in die Staatskoerant uiteengesit is, nie oorskry word nie.

’n Werknemer van die casino ontsmet ’n masjien. Foto: Jaco Marais

Voertuie gaan reeds by die ingangshek getel word en die mense in die casino sal ook getel word. “Ons kan nie bekostig om roekeloos te wees nie.”

Gaste sal ook ’n vraelys moet invul voordat hulle die casino kan betree. Digitale skerms in die casino sal gaste deurentyd herinner om ’n gesonde afstand van mekaar te handhaaf.

Elke personeellid het drie maskers gekry en is opgelei oor hoe om die pandemie te hanteer.

Naidoo sê personeellede is in spanne verdeel om hul veiligheid te verseker.

“Ons het ’n isolasiekamer waar die dokter aan diens gaste wat in die siftingsproses uitgewys word, sal sien.”

Skerms is tussen dobbelmasjiene aangebring. Elke tweede dobbelmasjien word afgeskakel om te verseker dat gaste ’n gesonde afstand van mekaar handhaaf.

Blackjack- en Amerikaanse roulette-tafels, wat voorheen sewe stoele gehad het, sal nou net vier stoele hê, terwyl daar vyf stoele sal wees by tafels waar die kaartspeletjie Baccarat gespeel word. Skerms is ook tussen dié tafels aangebring.

Mervyn Naidoo, hoofbestuurder van die casino, het Maandag gesê watter veiligheidsmaatreëls by die GrandWest Casino ingestel is. Foto: Jaco Marais
’n Werker by die casino besig om stoele te verwyder wat nie gebruik gaan word nie. Foto: Jaco Marais

Dobbelskyfies (chips) sal gereeld deur ’n masjien ontsmet word. Pakke kaarte sal gereeld vervang word.

“Alle rolprentteaters, klubs en kroeë, soos Roxy’s Rythm Bar, sal gesluit bly.”

Maar sal al die skerms nie dalk ’n opponent se hand weerkaats nie?

“Nee glad nie. Niemand sal mekaar se hand kan sien nie, dit is getoets,” sê Naidoo.

Daar sal geen buffet-etes bedien word nie.

’n Werker by die casino besig om die skerms wat tussen tafels en masjiene opgerig gaan word, op te stel. Foto: Jaco Marais

“Gaste sal etes kan bestel en dit sal vars gemaak word. Die tafels sal deurlopend ontsmet word, sout en peper sal in sakkies gegee word en messe en vurke sal in servette toegedraai word.”

Gaste sal toegelaat word om te rook, maar in ooreenstemming met die regulasies sal geen sigarette en drank verkoop word nie.

Van die restaurante sal heropen, maar ander moontlik eers teen 8 Julie.

Geriewe soos die ysskaatsbaan en die speletjiesgebied heropen eers op 8 Julie.

Dieselfde veiligheidsmaatreëls wat by die casino ingestel is, geld ook hier om die veiligheid van kinders te verseker.

Naidoo sê indien een van die gaste of personeellede nie goed voel nie, sal die ambulans hulle diskreet na die naaste hospitaal bring om enige vrees en angs by die res van die gaste te verhoed.

Meer oor:  Mervyn Naidoo  |  Kaapstad  |  Grandwest Casino  |  Heropening  |  Vlak 3  |  Maatreëls  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.