Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Grapjas Schuster springlewend, dankie
’n Skermgreep van die vals WhatsApp-boodskap wat die rondte oor Leon Schuster se dood doen.

“Ek is springlewend in die Republiek van Suid-Afrika. Ek staan op aandag, maar nie vir die president nie.”

Só sê Leon Schuster, bekende komediant, rolprentmaker en sanger, nadat ’n WhatsApp-boodskap Dinsdag die ronde gedoen het dat hy in ’n motorongeluk dood is.

Die boodskap het gelui: “Sad news guys. Motorongeluk eis die lewe van ’n welbekende. Ek kan nie ’n Suid Afrika indink sonder Leon Schuster nie. Hy was een van die land se beste Comedians. Ons gaan jou mis. R.I.P Leon! Please share this...” en dis Dinsdag wyd op WhatsApp gedeel.

My 95-jarige ma sal ’n hartaanval kry as sy dié boodskap moet lees
Leon Schuster

Schuster sê dit is net siek mense wat hierdie tipe stories versprei.

Hy het ook sy kommer uitgespreek dat dié soort boodskap ál meer deesdae versprei word.

“Daar is geen waarheid hoegenaamd in dié boodskap nie. Besef mense nie ons het geliefdes nie. My 95-jarige ma sal ’n hartaanval kry as sy dié boodskap moet lees.”

Schuster skerts dat hoewel ’n paar ouens hom miskien wil dood hê, soos met Trump, hy nog springlewend en gesond is.

Meer oor:  Dankie  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.