Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Greta Thunberg lewer jaarlikse Desmond Tutu-lesing

Die tiende jaarlikse Desmond Tutu-vredeslesing gaan in Oktober ’n platform bied vir jong stemme teen klimaatsverandering met Greta Thunberg en Vanessa Nakate as sprekers.

Die Desmond & Leah Tutu-stigting het Vrydag aangekondig dat Greta (17) van Swede en Nakate (23) van Uganda op 7 Oktober die lesing gesamentlik sal lewer.

Greta Thunberg, Sweedse klimaataktivis. Foto: Horacio Villalobos/Getty Images

Die onderwerp is “Klimaatgeregtigheid wêreldwyd: Nou en vir die toekoms” en sal aanlyn aangebied word.

Greta en Nakate sal op emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu se 89ste verjaardag die jongste sprekers nóg wees om dié jaarlikse lesing te lewer.

Die stigting sê in ’n verklaring die omgewing en klimaatsverandering is ’n saak wat baie na aan Tutu se hart lê en dat hy voorheen al gewaarsku het oor die mens se uitwerking op die natuur. “Ons is nie op pad na ’n omgewingsramp nie – ons het dit reeds geskep,” het Tutu gesê.

Greta het op die ouderdom van 15 bekend geword toe sy buite die Sweedse parlement betoog het vir sterker optrede teen klimaatsverandering. Dit het later tot optogte deur jong mense in verskeie stede oor die wêreld heen oor hierdie onderwerp gelei.

’n Advertensie vir die tiende jaarlikse Desmond Tutu-vredeslesing wat in Oktober aangebied word. Foto: Verskaf

Sy het in 2018 die VN se klimaatsveranderingskonferensie toegespreek en die jaar daarna die VN se beraad vir optrede oor die klimaat.

Nakate het in Uganda gelees oor Greta se optrede en besluit om ook in Januarie 2019 bewustheid te skep oor klimaatsverandering.

Sedertdien het sy twee jeugprojekte gestig, Youth for Future Africa en die Rise Up-beweging.

Greta en Nakate het vroeër vanjaar saamgewerk as deel van ’n groep jong aktiviste wat geëis het dat wêreldleiers wat op die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland was, ophou om in fossielbrandstowwe te belê.

Tutu het in 2017 reeds sy steun uitgespreek vir die veldtog om van fossielbrandstowwe ontslae te raak en eerder in hernubare krag te belê, luidens die verklaring.

* Mense wat die lesing aanlyn wil volg, kan hier registreer.

Meer oor:  Greta Thunberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.