Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gretha se gay broer sê: Los my sus uit!
Gretha Wiid het talle mense die week omgekrap met haar stellings oor gay­wees in boeke wat sy vir kinders skryf, maar kap nou terug en sê sy is nie homofobies nie, want sy het self ’n broer wat gay is.Foto: Lisa Hnatowicz

Gretha Wiid se gay broer sê hy kan nie verstaan hoekom mense sê sy suster is homofobies en anti-gay nie.

“As dít waar was, sou ons nie die verhouding gehad het wat ons het nie. Ek en Gretha het ’n baie hegte verhouding. Mense verstaan haar net nie,” sê Wiid se jonger broer, wat verkies om anoniem te bly.

Dit volg nadat ’n bom dié week om Wiid se kop gebars het oor stellings oor homoseksualiteit wat sy gemaak het in haar boeke Lyfslim vir meisies en Lyf­slimvir seuns.

Sy skryf onder meer dat ’n seun gay kan raak as hy nie genoeg liefde by sy pa kry nie, mishandel word of deur iemand van die teenoorgestelde geslag gemolesteer is.

‘Ek is beslis nie gemolesteer nie.’

Voorts sê sy sy stem glad nie saam dat mense gay gebore word nie omdat God mense skape om mense van die teenoorgestelde geslag lief te hê.

So, wat dan van haar broer?

“Ek is glad nie gemolesteer of mishandel deur my ouers nie. Dis Gretha se standpunt dat niemand gay gebore word nie en ek gaan nie verder daaroor uitwei nie. Maar ek is beslis nie gemolesteer nie,” sê hy.

“Sy skets al die goed net as faktore wat kan bydra.”

Gretha het geweier om ’n onderhoud toe te staan, maar haar broer het vir Rapport ’n video gestuur waarin sy vertel hoe lief sy hom het.

“Die feit van die saak is ek het my opinie gedeel, en miskien verskil myne van joune. Ons het almal vryheid van spraak. Ek het ook nie bedoel dat almal wat seksueel gemolesteer is, later seksuele probleme sal hê nie.

“As my opinies ander seergemaak het, vra ek verskoning.”

Sy wys in die video na ’n prentjie van die ideale seun in die boek Lyfslim vir seuns.

“Julle sal sien dat hy ’n tennisraket én ’n kitaar vashou, want ek wil dit duidelik maak dat jou talente niks met jou seksualiteit te doen het nie.”

Sy sê sy het jare se ervaring as kinderterapeut en seksuoloog en ’n honneursgraad in sielkunde en seksualiteitsopvoeding.

Maar dr. Elmari Mulder Craig, ’n Europees gesertifiseerde seksuoloog, sê Wiid word nie erken as ’n kenner op die gebied van seksuologie nie en die Vereniging vir Seksuele Gesondheid van Suider-Afrika (Sasha) distansieer hom van haar. (Mulder Craig is die voormalige president van Sasha.)

“Kyk, mense wat van haar hou, is ­natuurlik welkom om na haar te luister.

“Maar dit is Sasha se verantwoordelikheid om in die publiek se belang op te tree en hulle te waarsku dat sy nie die nodige kwalifikasies en kennis het om haarself ’n terapeut of seksuoloog te noem nie,” sê Mulder Craig.

Vanessa Schoeman, redakteur van Finesse en vrou van die eienaar van Carpe Diem Media, wat Wiid se boeke uitgee, het op haar Facebookblad geskryf dit was nie die bedoeling om enigeen seer te maak of te verneder nie.

Sy het verskoning gevra as daar mense is wat dit só ervaar het en bygevoeg dis hartseer as iemand gay is.

Carpe Diem het egter nie op navrae van Rapport oor die kwessie gereageer nie.

Teen druktyd was daar ook sowat vyf klagtes by die Menseregtekommissie teen Wiid oor haar uitsprake oor gays.

suzanne.venter@rapport.co.za

Meer oor:  Gretha Wiid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.