Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gretha Wiid verbreek stilswye ná nuus oor egskeiding
greta wiid
greta wiid

Gretha Wiid het Sondagaand haar stilswye verbreek oor die nuus dat sy van haar man, Francois, gaan skei.

“Dankie solank vir só baie van julle se ondersteuning, die eindelose liefde en boodskappe wat instroom en almal se gebede,” het Wiid op haar Facebookblad geskryf.

By haar inskrywing het sy ’n prentjie geplaas met die woorde: Some women are lost in the fire. Some women are built from it.

“Vandag kan ek weer getuig van hierdie waarheid.”

Sy sluit haar boodskap dan af met die woorde: “I will not fear the fire. I serve the God of fire!”

’n Uur na sy haar plasing gemaak het, het bykans 2 000 mense al daarvan gehou en is dit meer as 140 keer gedeel. En meer as 300 mense het kommentaar gelewer. Talle het aangedui dat hulle vir haar bid en haar sterkte toegewens.

Petro Scheepers het laat weet dat sy nou selfs meer respek het vir Wiid.

“Jou dogter se woorde bly by my: Moenie dat ander se besluite jou calling steel nie. Jy het SOVEEL om te gee. Jy gaan nog meer ontvang.”

Marinda Petzer bid ook vir Wiid en haar dogters.

“Dis die seerste seer wat enige vrou kan deurgaan. My hart breek vir jou, want ek ken daai gevoel. Maar saam met God sal jy hierdeur gaan, hou net styf vas, jy is ’n sterk vrou en sal hierdeur kom.”

Rapport het Sondag berig dat Wiid, ’n Christenskrywer, motiveringspreker en huweliksberader, en haar man se paadjies gaan skei nadat hy glo ’n buite-egtelike verhouding gehad het.

Gretha en Francois Wiid in 2012.Foto: Deaan Vivier

Ds. Liesel Krause-Wiid, Wiid se skoonsuster, het vroeër aan Netwerk24 gesê die familie se harte is gebreek. Ons sal bly bid dat die Here hulle toevou in Sy liefde. Ons pleit dat die media en publiek Francois en Gretha se vier dogters se brose gevoelens in ag neem.”

Janis Ellis, Gretha se broer, het ook op sy Facebook-blad geskryf: “Aan diegene wat ons vandag ondersteun het, dankie uit die diepte van my hart. Aan diegene wat vandag genot uit ons pyn geput het, ek sien julle ook. Ons sal seëvier.”

Dit is volgens Wiid se webblad nie die eerste keer dat Francois oor die tou trap nie.

Wiid, wat Sondag nog ’n kamp vir verloofde paartjies in die La’Wiida Lodge in Centurion aangebied het, het nie haar foon geantwoord of op boodskappe gereageer nie. Francois, die adjunk-besturende direkteur van die lodge, het ook nie op enige navrae gereageer nie.

Meer oor:  Greta Wiid  |  Huwelik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.