Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Grey-leerling ‘oorweldig’ deur omgee, besoeke

’n Matriekleerling van Grey-kollege in Bloemfontein wat reeds 92 dae in ’n hospitaal deurgebring het ná ’n motorongeluk, is Donderdag op sy 18de verjaardag oorval met kuiergaste.

Alex Els (18), ’n matriekleerling van Grey-kollege, is oorweldig deur al die omgee en besoeke op sy 18de verjaardag. Hier is Alex (voor) saam met Duan Luddik en Andrei Potgieter; van links is, agter: Sakkie Steenkamp, Muller Esterhuyse, CJ Annadale, WJ Marais, Eduan van der Vyver en Christian Rheeder. Foto: VERSKAF

Alex Els is oorweldig deur al die omgee en besoeke op sy verjaardag.

Hy het sy regterbeen ná ’n ongeluk in Desember verlede jaar verloor.

Alex, sy broer en ’n vriend was van hul plaas naby Dealesville op pad na Bloemfontein toe die ongeluk gebeur het.

Vriende, familielede, die Voortrekkers, leerlinge, oudleerlinge en onderwysers van Grey het hom in die hospitaal besoek.

“Ek is oorweldig, in die goeie sin daarvan, deur die ondersteuning van almal. My skool en die Voortrekkers lê my na aan die hart en die ondersteuning laat my hart van trots swel.”

Hannali Els, Alex se ma, sê hy is reeds vroegoggend met geskenke en goeie wense oorval en het “tonne” ballonne en besoeke gehad.

Sy sê hoewel ’n lang pad na herstel steeds voorlê, is hulle hoopvol dat hy in die nabye toekoms uit die hospitaal ontslaan gaan word.

Volgens haar word Alex sterker by die dag.

“My boodskap aan hom is om voluit te lewe.”

Meer oor:  Grey-Kollege  |  Bloemfontein  |  Motorongeluk  |  Hospitaal  |  Verjaarsdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.