Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Grey-seun beseer toe buurvrou glo klipgooi

’n Hoërskoolleerling van Grey-kollege in Bloemfontein is beseer nadat ’n buurvrou hom glo Vrydagaand met ’n klip teen sy oogbank gegooi het toe sy ouer sibbe en hul vriende om ’n braaivleisvuur gekuier het.

Josh Pringle kort ná die voorval.

Brig. Sam Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê daar word beweer dat Josh Pringle (gr. 9) by die muur gestaan en na ’n gesprek tussen sy pa, Bruce, en hul buurvrou aan die ander kant geluister het toe sy hom (Josh) skielik met klippe begin gooi het.

“Een van die klippe het hom op sy regteroogbank getref. Die klag word nog ondersoek.”

Herman van Vuuren, die buurvrou se prokureur, sê hulle gaan nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie.

Josh moes drie steke kry en is vandeesweek by die huis.

Volgens die Pringles het die moeilikheid begin toe die buurvrou Jeyes Fluid, ’n ontsmettingsmiddel, oor een van die vriende uitgegooi het. Die vriend, wat anoniem wil bly, sê hy het net daar aangekom vanaf ’n verjaarsdagpartytjie en gevra of hy teen ’n boom kan urineer.

Uit die bloute het ’n vloeistof op sy rug beland.

Josh Pringle
So het Josh Pringle Dinsdag gelyk.

“Ek was seker dit is een van my vriende wat iets gegooi het, en toe sien ek dit is ’n tannie wat op die muur sit wat dit gedoen het.”

Hy is na die Pringles om hulle van die voorval te vertel, waarna Josh ook saam met sy pa uit is om te hoor wat die buurvrou te sê het.

Bruce sê die vrou het alles ontken toe hy op ’n stoel gestaan en haar oor die muur gevra het wat aangaan.

Josh het saam met sy pa op een van die stoele geklim om beter te kan sien en die volgende oomblik het ’n klip hom getref. Hy het dadelik afgeklim, waarna ’n tweede en derde klip gevolg het. Die derde een het hom op sy oogbank getref.

Josh het sy bewussyn verloor en is na die Mediclinic Bloemfontein gehaas.

Een van die klippe waarmee Josh Pringle gegooi is.

Die polisie was kort ná middernag op die toneel en ’n klag is ingedien. Die Pringles eis skadevergoeding van R1 700 vir mediese koste.

Josh sê hy is getraumatiseerd, want hy het nie gedink ’n volwasse vrou sal so iets doen nie.

“Ek is lighoofdig en my kop is steeds baie seer. Ek eet nie en ek mis heelwat toetse by die skool.”

Meer oor:  Bloemfontein  |  Seun  |  Muur  |  Beseer  |  Skadevergoeding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.