Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Grey weier om teen Worcester rugby te speel

Gebeure van drie jaar gelede het blykbaar daartoe gelei dat die hoofwedstryd verlede Saterdag tussen die o.13A-spanne van Grey-kollege (primêr) en die Primêre Skool Worcester op die afgelope Wildeklawer-rugbytoernooi in Kimberley afgelas is.

Destyds was die Bolandse seuns glo te oud en is van die Vrystaters erg beseer.

Grey se skoolhoof en afrigter, Jurie Geldenhuys, het in ’n brief aan die ouers die redes vir dié stap gegee.

“Volgens die wedstrybepalings vir vanjaar se toernooi was ons o.13-span aanvanklik geloot om in die tweede ronde teen Worcester Primêr kragte te meet.

Grey-kollege se o.13-span in aksie.Foto: www.gcpb.co.za/

“Ons het in ’n e-pos aan die skoolhoof gesê ons het ’n beginselprobleem om teen Worcester Primêr te speel. Die bepaling is toe vir die aanvanklike rondes verander.”

Worcester se beheerliggaamvoorsitter, Chris O’Neill, sê hulle het nooit self amptelik van Grey-kollege gehoor hoekom hulle nie teen die Bolanders wou speel nie, maar net dat die wedstryd afgelas is.

Geldenhuys stel dit in sy brief dat sy span van 2015, met spelers van so jonk as 11 jaar oud, teen spelers van tot 14 jaar oud van Worcester gespeel het.

Die gevolg was dat drie Grey-seuns op draagbare van die veld geneem is en in die hospitaal beland het. Nog drie seuns is met ernstige beserings van die veld af.
Jurie Geldenhuys

“Die gevolg was dat drie Grey-seuns op draagbare van die veld geneem is en in die hospitaal beland het. Nog drie seuns is met ernstige beserings van die veld af,” lui Geldenhuys se brief.

Hy sê ná die wedstryd het hy die hoof van die Laerskool Newton in Kimberley, die organiseerders van die toernooi, in kennis gestel dat hulle nie weer teen Worcester Primêr sal speel nie.

O’Neill hou vol dat vir die laaste vyf jaar wat hulle aan die toernooi deelneem, was nie een van hul spelers te oud nie. Niemand het ook ooit daaroor gekla nie.

Geldenhuys sê al het hy die organiseerders oor die gebeure op die toernooi van drie jaar gelede ingelig, is Grey weer teen Worcester Primêr geloot.

Geldenhuys sê hy is gevra om sy besluit te heroorweeg, maar hy het by sy beginselbesluit gehou, “wat ek ook so gekommunikeer het”.

“Ons as afrigters en ek as skoolhoof is vir die seuns se veiligheid verantwoordelik. Dit is ’n beginsel- én ’n veiligheidsbesluit. Ons tree in die belang van ons seuns op en stel hul veiligheid eerste.”

Meer oor:  Jurie Geldenhuys  |  Wildeklawer  |  Worcester  |  Bloemfontein  |  Rugby  |  Grey
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.