Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Griekwa Tielman de Villiers sterf aan hartaanval

Tielman de Villiers (68), ’n legende van die Griekwas wat op sy dag 101 wedstryde vir die Poubloues gespeel het, is Dinsdagoggend in Postmasburg skielik aan ’n hartaanval dood terwyl hy en sy vrou, Lorraine, by sy broer Kobus gekuier het.

André Gerber, ’n jare lange vriend en oud-spanmaat, het sy skielike dood as ’n groot skok vir almal bestempel.

“Hy was ’n legende en ’n besonderse ou op en van die rugbyveld af. Ons was bloedbroers,” het Gerber, wat vir sowat 50 wedstryde vir die Griekwas saam met De Villiers uitgedraf het, gesê.

Tielman de Villiers en sy vrou, Lorraine. Foto: Facebook

De Villiers het in sy jare in Griekwaland (van 1975 tot 1984) in 101 wedstryde 55 drieë gedruk.

“In daardie jare was dit nuwe rekords wat hy opgestel het,” het Gerber gesê.

In ’n huldeblyk aan De Villiers skryf JJ Harmse, voormalige sportverslaggewer van Rapport, een van die beste dae in sy lewe was toe hy hom in Mosselbaai in 2018 op ’n oefenkamp aan die Blitzbokke voorgestel het.

“Al het baie nie van Divvie, die rugbylegende, geweet nie, het hulle bloot aanklank gevind by die nederige, vriendelike oom wat so maklik mense rondom hom kon aantrek met sy geaardheid en altyd teenwoordige glimlag,” skryf Harmse.

Tielman de Villiers is hier in sy jonger dae vir die Griekwas in aksie. Foto: Verskaf
Tielman de Villiers Foto: Verskaf

“Hy het selfs saam met ’n paar van hulle gholf gespeel en op ’n geselligheid foto’s geneem en truie geteken.

“Ek kon spog met Divvie en vir die jong manne van die Griekwas se drieëmasjien vertel.”

Gerber het gesê hy en De Villiers verjaar ’n dag uit mekaar in Junie, en in 2020 het hy hom met sy verjaardag by die egpaar se huis in Hartenbos gaan verras.

“Ek het nou ná sy dood eers uitgevind dat hy my hierdie jaar op ons verjaardae wou verras.

“Ons groet regtig ’n groot gees wat alom lief en geliefd was.”

Volgens Gerber is die begrafnisreëlings nog nie gefinaliseer nie. Dit sal later bekend gemaak word.

De Villiers word ook deur sy seun, Jaco, en dogter, Nadine, drie kleinkinders, sy broers, Johan “Jobo”, Danie en Kobus, en suster, Martie, oorleef.

Meer oor:  Griekwa  |  Tielman De Villiers  |  Postmasburg  |  Hartaanval  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.