Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Griet’ word ’n fliek
Marita van der Vyver

Marita van der Vyver se roman Griet skryf ’n sprokie gaan binnekort verfilm word.

Daar gaan beslis naaktonele wees, maar moenie ’n Afrikaanse Fifty Shades of Grey verwag nie.

“O, nee, dit gaan sommer stukke beter wees. En hoewel daar beslis nie weggeskram gaan word van naaktonele nie, gaan dit ’n fliek vir die wye publiek wees,” het Van der Vyver uit Frank­ryk, waar sy woon, laat hoor.

Griet skryf ’n sprokie het groot opspraak verwek toe dit in 1992 gepubliseer is.

Volgens Van der Vyver was daar al verskeie kere sprake van ’n rolprent.

“Op ’n kol wou die Britse musikant Sting se vrou, Trudie Styler, dolgraag die rol van Griet speel.

“Maar dit het nooit uitgewerk nie. Ek het myself al sien tee drink saam met Sting en Trudie op hul Britse landgoed,” spot sy.

“Maar dit lyk of dit dié keer rêrig gaan gebeur. Daar is ’n vervaardiger en ’n regisseur en die rolverdeling word bespreek. Die belangrikste van alles, daar is ’n draaiboek waarmee ek tevrede voel. Die vorige draaiboeke, veral die oorsese pogings, het so ver weg beweeg van die oorspronklike storie dat ek niks daarvan herken het nie.”

Dit is presies 25 jaar sedert die boek vir die eerste keer gedruk is en daarom word die boek met ’n nuwe omslag uitgegee.

“Baie van die huidige lesers was nog nie eens gebore toe die eerste omslag verskyn het nie. Dit was tyd om vir Griet ’n nuwe jassie te gee,” sê Van der Vyver.

“Oor Griet voel ek so ’n bietjie soos ’n doodgewone ma met ’n ‘begaafde’ kind. Ek verstaan nie mooi hoe ek haar ‘geskep’ het nie. Sy het lankal by my verbygegroei en het haar eie lewe begin lei.

“En soos enige ma vir jou sal sê, so iets maak jou baie beskermend teenoor jou ander kinders wat in die skaduwee van hierdie voorbarige suster moet grootword.

“My ander boekkinders is vir my meer spesiaal.”

Dit is juis haar jeugboeke, soos Tien vir ’n vriend, wat eintlik haar grootste verkopers is.

Meer oor:  Rolprent
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.