Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Groen heuning toe nie so raar nie

Die natuurkenner Dave Pepler het onlangs foto’s van Karen Pretorius gekry nadat haar man, Nico, bye uit hul dak verwyder het en op groen heuning in die byekorf afgekom het.

Dié byekorf is met groen heuning gevul. Foto: davepepler.com

In sy reaksie sê Pepler hoewel hy nog nie voorheen groen heuning gesien het nie, het hy in sy navorsing gevind dat dit nie heeltemal vreemd is nie.

“Die bron van die nektar wat aangegee word, is kiwi-bloeisels, sekere distels, voerkrale waar bye voed en selfs lekkers soos M&M’s.”

Op Pepler se Facebookblad sê Audrey de Jongh haar seun het eens vasgestel dat ’n vragmotor Creme Soda vervoer het, ’n bron van nektar vir ’n swerm bye was en daarom groen heuning produseer het.

Die byekorf wat uit Karen Pretorius se dak verwyder is, waarvan die groen heuning sigbaar is. Foto: davepepler.com

Nog ’n verbruiker, Jan Viljoen, het bye se liefde vir dié groen koeldrank bevestig. “Jare gelede het ons kraantjie-koeldrank by ’n skou verkoop. Ons moes veral by die Creme Soda-kraan vir bye versigtig wees. Die Coke- en Sprite Zero-krane het nie bye gelok nie.”

’n Ander moontlikheid vir groen heuning is ook ontvriesmiddel. “Ek het ’n program op TV gekyk waar die bye teenvriesmiddel geëet het en ook groen heuning gemaak het. Daar was ’n fabriek daar naby,” vertel Gerda Nel.

Karen Pretorius, ’n onderhoof by die Hoërskool Grenswag in Rustenburg, skryf op haar Facebookblad die groen heuning smaak soos gewone heuning, maar “ ’n mens se kop sê jy vir jou mag dit nie eet nie.”

Die groen heuning van die byekorf wat uit die dak verwyder is op roosterbrood. Foto: Facebook/Karen Pretorius

Meer oor:  Heuning  |  Bye  |  Groen Heuning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.