Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Grond oral in Oudtshoorn beset

Die Oudtshoorn-munisipaliteit win regsadvies in oor verskeie voorvalle van grondbesetting wat in die dorpsgebied voorkom.

“Dit word in ’n baie ernstige lig beskou,” sê Ntobeko Mangqwengqwe, ’n munisipale woordvoerder, by navraag.

Dit het aan die lig gekom dat die munisipaliteit ook inligting ontvang het dat “organiseerders” van die onwettige besettings die grond verkoop of geld van die onwettige plakkers eis.

Die munisipaliteit het regsadvies ingewin sodat die kwessie voor die hof kan kom vir ’n beslissing. Die meeste stukke grond, soos dié by die Hoërskool Môrester, is geoormerk vir maatskaplike behuising.

Die munisipaliteit sê dat wanneer die raad behuisingsprojekte lewer vir mense op die waglys word die toewysings ingevolge die munisipale beleid daaroor gedoen. Die beleid skryf grotendeels voor dat die persoon wat die langste op die waglys is, die eerste vir ’n huis in aanmerking kom.

Die EFF in die Suid-Kaap het in reaksie gesê hy ondersteun die grondlose agtererf-bewoners en mense op die waglys aan wie huise en toegang tot grond vir skuiling toekom.

Grond by die Hoërskool Môrester, Wesbank en naby die sakekern moet beskikbaar gestel word aan alle besetters, mense op die waglys en agtererf-bewoners.

Indien die bewerings waar is dat sommige organiseerders geld vir grond vra, moet daar teen hulle opgetree word.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Grondbesetting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.