Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Grondgrypers ruk op, eienaars keer dat grond beset word

Honderde grondbesetters het Saterdag opgeruk na Elandsfontein en Grassmere, suid van Johannesburg, waar hulle glo die wettige eienaars van hul grond probeer afkry.

Clinton Gruar, een van die grondeienaars aan die N1-hoofweg by Grassmere, se huis en perdestalle is met ’n petrolbom bestook.

Hy reken daar het Saterdag tussen 300 en 500 mense opgedaag om hulle van hul eiendom te verwyder. Ander mense skat daar was tussen 200 en 300 mense.

Gruar sê hy word geteiken omdat hy ’n leiersrol speel in ’n poging om die grondbesetters te stuit en te keer dat hul eiendom gevat word.

Die mense het volgens hom hul oog op sowat 175 kleinhoewes in die gebied wat aan die N1-hoofweg grens, en wil die wettige eienaars wegdryf van hul grond af.

Die polisie is Saterdag weer op die toneel waar die spanning tussen die grondeienaars en die grondgrypers by Elandsfontein, suid van Johannesburg, hoog geloop het. Foto: Verskaf

Hy het vroeër vandeesweek mense gevra om Saterdag te kom help keer dat die grondgrypers die gebied oorneem. Hy het gemeen dit is ’n toets. “As hulle dié gebied vat, is die hele Vaal-gebied daarmee heen.”

Hy het mense gevra om vier-vier in motors op te daag, en maskers te dra as hulle kom help.

“Ons weet nie presies wie die mense is wat vandag hier is en wie agter hulle sit nie, maar ons het ons hande vol.”

Hy sê die probleme kom al van einde Mei af en hulle het al twee hofbevele teen die grondbesetters bekom – een in die hooggeregshof in Pretoria en ’n ander in die hooggeregshof in Johannesburg.

“Die polisie het ook mense in hegtenis kom neem, maar hulle kom telkens terug.”

Hy sê informele woonstrukture wat voorheen op hul eiendom opgerig is, is verwyder.

“Die plakkers het nie vandag weer hul informele huise kom oprig nie, maar hulle staan die wêreld vol en maak moeilikheid.”

Gruar sê hulle het Saterdag nie baie hulp van die polisie af gekry nie.

“Ek het twee polisie-voertuie hier sien rondbeweeg.”

Hy sê lede van die gemeenskapspolisiëringsforum probeer ook help.

“Ons het gehoor soldate gaan hier ontplooi word, maar dit het nog nie gebeur nie. Private veiligheidsmaatskappye probeer help.”

’n Groot klomp mense Saterdag in Elandsfontein, suid van Johannesburg, waar spanning tussen grondgrypers en eienaars hoog geloop het. Foto: Verskaf

Llewellynn Hemmens van die veiligheidsafdeling van AfriForum se noordstreek het Saterdagoggend omstreeks 11:00 gesê die situasie is baie gespanne, met enkele gevalle van geweld en konflik.

Daar was egter geen beserings nie.

“Grondgrypers het verskeie eiendomme in die suide van Johannesburg en in die omgewing van Lenasia beset. Hulle word elke dag meer en dit is moeilik om akkurate syfers te gee.”

Hy sê die eienaars het eie reg gebruik en in groot getalle bymekaargekom om die betreders te verwyder.

Hy sê die Johannesburgse metroraad het ’n uitsettingsbevel gekry vir die Elandsfontein-gebied wat uit 400 kleinhoewes bestaan. Dit word Maandag beteken.

Die metro-polisie, polisie en die polisie se eenheid vir openbare orde is in kennis gestel van die situasie en enkele polisievoertuie word in die omgewing gesien.

Die provinsiale polisie in Gauteng is op hul twee telefoonnommers sonder sukses gebel.

Meer oor:  Elandsfontein  |  Grondbesetting  |  Grondgrypers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.