Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Groot ABO-veiling Dinsdag op Onze Rust, Bfn
Die borsbeeld van genl. Jan Smuts wat deur die bekende Suid-Afrikaanse beeldhouer Laura Rautenbach geskep is, wat op die Onze Rust-landgoed opgeveil gaan word.

’n Borsbeeld van Jan Smuts, Suid-Afrikaanse staatsman en militêre leier, gemaak deur die bekende Suid-Afrikaanse beeldhouer, Laura Rautenbach en handskoentjies en ’n kissie wat in die konsentrasiekamp deur Boervroue gemaak is . . .

Dit is van die kosbaarhede wat verwag kan word op die groot Anglo-Boereoorlog-veiling met sowat 100 besonderse oudhede uit die Anglo Boereoorlog-tydperk, wat Dinsdag op Erfenisdag op die historiese Onze Rust-landgoed buite Bloemfontein, opgeveil gaan word.

’n Deel van die opbrengs van die veiling wat in die 120ste herdenkingsjaar van die Anglo Boereoorlog plaasvind, gaan vir die Volksblad se Omgeefonds, sê Jackie Steyn en Betsie Roux, die twee vroue wat die veiling organiseer.

Hulle sê ’n muntversameling van die oorlog-generaals van die Anglo-Boereoorlog wat in die 1970’s uitgereik is, gaan ook opgeveil word.

“Mense van oraloor word genooi om te kom kyk, kuier en koop op die groot herdenkingsveiling.”

Onder die kosbaarhede is ook ’n Victoriaanse settee (klein tweesitplekbankie) met twee bypassende stoele, wat opgeveil sal word, sê hulle.

Die kosbaarhede sal van 11:00 tot 13:00 op Erfenisdag (vakansiedag) Dinsdag onder die hamer kom.

’n Muntversameling van die oorlog-generaals van die Anglo-Boere-oorlog wat in die 1970’s uitgereik is, gaan ook opgeveil word.
’n Besonderse dooprok is ook onder die oudhede wat opgeveil sal word.
Twee besonderse vase wat ook opgeveil gaan word.
’n Antieke kershouer/lig wat ook onder die hamer gaan kom.
’n Horlosie wat baie raar is met kosbare antieke uurwerk, sal ook op die veiling onder die hamer kom.

Die Onze Rust-landgoed is op die N1 sowat 12 km van die Windmill-casino in Bloemfontein.

Steyn en Roux sê vir diegene wat van antieke ware hou, behoort dit ’n inkopietog soos min te wees.

Jeandré Smith van Nico Smith-afslaers sal die items opveil.

’n Kattebak-verkoping gaan ook gehou word en daar gaan ook stalletjies vir allerlei snuffelaars op die plaas wees. Kosstalletjies en ’n bier- en teetuin word ook ingerig.

Steyn en Roux sê mense moet hulle familie en vriende saambring en op die landgoed kom ontspan, sommer net lekker kuier en by die kosstalletjies kom eet.

*Diegene wat goedere bring om opgeveil te word, moet dit self daarheen aanry en diegene wat dit aankoop moet dit ook self weer van die landgoed af wegry.

Vir meer besonderhede, bel vir Roux by tel. 082 413 9275 of vir Steyn by tel. 082 577 7323.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Anglo-Boereoorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.