Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: 9 treinwaens in brand op Kaapstad-stasie verwoes

Die brand by die Kaapstad-treinstasie is vroeg Sondagaand geblus.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die nooddienste in Kaapstad, sê niemand is beseer in die brand nie.

Hy sê nege treinwaens van twee treine is in die brand verwoes.

Dit is nog onduidelik wat die oorsaak van die brand is.

Swart rookwolke het Sondagmiddag oor die middestad gehang.

News24 berig dat die prototipe van 'n beplande nuwe vloot treine vir Metrorail nie in die brand beskadig is nie. Pres. Cyril Ramaphosa het onlangs die bekendstelling van dié treine bygewoon.  

View this post on Instagram

Going up in smoke ?? ??

A post shared by Mubeen. (@legal_av8r) on

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.